Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie styg weens duurder petrol

Die inflasiekoers het in Mei effens, tot 4,5%, gestyg.

inflation
Duurder kos en hoër inflasie maak verbruikers bekommerd. Foto: Pixabay

Luidens Statistieke Suid-Afrika (SSA) is dit hoofsaaklik weens druk van die stygende petrolprys, maar ook weens duurder kos, behuising en nutsdienste.

Die styging volg nadat inflasie in April verras het met ’n daling tot 4,4%. Dit was in Maart ook 4,5%.

Die pryse wat SSA meet, het van April tot Mei met 0,3% gestyg.

Die onderste draaipunt van die inflasiekoers die afgelope paar jaar was 4% in Januarie.

Kosprysinflasie (kos en nie-alkoholiese drank) het in Mei tot 3,2% gestyg. Dit was in April 2,9% en in Maart 3,1%.

Meer inligting volg.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika (Ssa)  |  Vpi  |  Inflasiekoers  |  Ekonomie  |  Kospryse  |  Inflasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.