Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie val tot net 4%, maar daar is ook slegte nuus

Inflasie het in Julie skerp geval tot 4%, sy laagste vlak sedert Januarie, maar die prys van brood en mieliemeel styg byna dubbeld so vinnig.

Die prys van onder meer brood, mieliemeel en pasta is aan die styg. Foto: Pixabay

Luidens Statistieke Suid-Afrika (SSA) word die inflasiekoers tans hoofsaaklik deur kos en prysstygings in diverse goedere en dienste aangedryf.

Die inflasiekoers was in Junie 4,5%, in Mei 4,5%, in April 4,4% en in Maart ook 4,5%. 

Julie se inflasiekoers van 4% is nou die jongste onderste draaipunt vir inflasie.

Kosprysinflasie het in Julie tot 3,4% verbeter vanaf Junie se 3,7%, maar brood- en graanprodukte is saam 7,9% duurder as ’n jaar gelede. Vrugte is ook 6% duurder en vis 6,4%.

Die pryse wat SSA meet, het van Junie tot Julie met 0,4% gestyg. Dit is onveranderd teenoor die maandelikse prysstyging tussen Mei en Junie.

Meer inligting volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.