Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inkopies in winkels op Swart Vrydag 30% laer

Die eerste syfers oor die verkope op Swart Vrydag in Suid-Afrika toon ’n drastiese verandering in hoe en waar verbruikers inkopies gedoen het.

Chandré Tobias het basiese kruideniersware by Checkers Hyper in Fleurdal, Bloemfontein, gekoop. Sy het beplan om R5000 op Swart Vrydag te bestee. Foto: Mlungisi Louw

Volgens BankservAfrica toon sy syfers inkopies met bankkaarte in winkels was Vrydag 30% laer as ’n jaar gelede.

Daarteenoor het aanlyn aankope met 62% gestyg.

Dié klaringshuis se syfers gee ’n idee van hoeveel transaksies met debiet- en kredietkaarte plaasgevind het en of dit in winkels of aanlyn was.

Die syfers wat oor die 24 uur op Swart Vrydag strek, toon 4,9 miljoen transaksies is in winkels met kaarte gedoen.

Hoewel aanlyn transaksies so skerp groei, is dit steeds net 17% teenoor dit wat in winkels gedoen word.

Aanlyn transaksies op Swart Vrydag het tot meer as 868 000 gestyg. Normaalweg verwerk BankservAfrica gemiddeld 304 000 aanlyn transaksies per dag.

Vergeleke met die totaal van 5,8 miljoen vir aanlyn en in winkels, het die getal transaksies verlede jaar sewe miljoen beloop. Dit was 36% meer as 2018 s’n wat 5,2 miljoen was.

Die syfers het meestal bevestig wat kleinhandelaars Vrydag namiddag aan Netwerk24 gesê het, naamlik dat die verkope in winkels soos te wagte minder was weens vrese oor die koronavirus.

Hulle het ook ’n skerp styging in aanlyn verkope aangemeld.

Wat egter nog nie seker is nie, is of die waarde van die aanlyn transaksies gaan opmaak vir die daling in verkope in winkels.

BankservAfrica beloof om later vandeesweek ’n volledige verslag oor die verkope uit te reik.

Verlede jaar het besteding met kaarte in winkels en aanlyn R6 miljard beloop, meer as dubbeld die vorige jaar se R2,9 miljard.

BankservAfrica het in ’n stadium, voordat Swart Vrydag verby was, Vrydag op LinkedIn gesê die meeste van die aankope in winkels het op krediet plaasgevind en het 3,1 miljoen transaksies beloop.

Die inligting vanjaar het Vrydag ook getoon daar was beslis ’n kleiner stormloop vroegoggend na die winkels. Teen 10:00 was die transaksies in winkels 45% laer as ’n jaar gelede dieselfde tyd.

Meer oor:  Bankservafrica  |  Aanlyn Inkopies  |  Swart Vrydag  |  Kruideniersware  |  Winkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.