Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ja vir huiswerkers, maar reëls geld
Huiswerkers kan weer terugkeer werk toe onder vlak 3.Foto: Pixabay

Jou huis- en/of tuinwerker kan van 1 Junie af terugkom werk toe, mits dit veilig is.

Daar is nog nie regulasies spesifiek vir dié groep werkers uitgereik nie, maar Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het Donderdag gesê dit kom nog.

Algemene regulasies vir veilige werkplekke wat reeds onder vlak 4 uitgereik is, moet intussen gevolg word:

  • Werkgewers moet sorg dat die huiswerkers toegang het tot beskermende toerusting soos gesigmaskers, asook handreiniger of water en seep waarmee hulle hul hande kan was;
  • Werkgewers moet sorg dat werkers ’n veilige afstand handhaaf en maskers dra op hul reis na en van die werk;
  • Werkers moet daagliks nagegaan word vir enige simptome van Covid-19 en hul koors moet geneem word; en
  • Die werkplek moet voldoende ventilasie hê en werkoppervlakke en die toerusting waarmee die werk gedoen word, moet skoongemaak wees.
Meer oor:  Ebrahim Patel  |  Nkosa­Zana Dlamini-Zuma  |  Covid-19  |  Huiswerkers  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.