Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Jan Taks adverteer rits senior poste

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wil ’n rits poste vul.

Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Foto: Elvira Wood

Die diens het Maandag 23 poste onder meer op Twitter geadverteer.

Die poste is almal vir senior bestuurslui en sluit poste van hoof van tegnologie en innovasie, finansiële hoof en verkrygingshoof in.

“Kyk net na die lys. Al dié poste sal eers gevul moet word. Ja, die SAID kan herstel word, maar dit gaan nog lank neem,” sê David French van die konsultantemaatskappy Mazars.

French het Dinsdag deelgeneem aan ’n paneelbespreking in Rosebank, Johannesburg, oor wat Mazars verwag Tito Mboweni, minister van finansies, op 26 Februarie in sy begrotingsrede gaan sê.

As deel van dié bespreking het French, as voormalige werknemer van die SAID, sy mening gelug oor wat die stand van sake by dié diens is.

Dit is veral omdat die staat steeds verwag dat die SAID R52 miljard minder inkomste as begroot gedurende die huidige boekjaar ingesamel het.

Mazars voorspel dat dié bedrag nader aan R75 miljard is.

“Edward Kieswetter doen goeie werk, sover ek kan sien. Hy maak probleme reg wat Tom Moyane, voormalige kommissaris van die SAID, veroorsaak het,” sê French.

Kieswetter is in 2019 as kommissaris aangestel nadat Moyane afgedank is.

Probleme by die SAID het in die kollig gekom gedurende die Nugent-kommissie van ondersoek se openbare sittings oor presies wat gedurende Moyane se ampstermyn by die diens gebeur het.

French sê die atmosfeer binne die SAID is steeds baie morbied.

“Ons gaan daar kom, maar dit gaan lank neem,” sê hy.

“Jy kan maklik stelsels en strukture breek, soos wat die geval by die SAID was. Dit gaan tyd neem om dit te herstel,” sê hy.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.