Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Jan Taks lê beslag op R70 m. se Viagra
Doeanebeamptes het meer as R70 miljoen se onwettige Viagra by die land se grensposte onderskep.Foto: Unsplash

Doeanebeamptes by Suid-Afrika se grensposte het in die laaste boekjaar op meer as R70 miljoen se generiese Viagra beslag gelê.

Dit sluit in ’n besending van R30 miljoen se Viagra wat op 13 Mei verlede jaar van Indië op pad na Suid-Afrika op die OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep is.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het pas die jongste syfers uitgereik rakende die aantal onwettige produkte waarop sy beamptes die afgelope jaar beslag gelê het.

Meer as R3,6 miljard se goedere is onderskep, sê die SAID in ’n verklaring.

Dit sluit in meer as R500 miljoen se onwettige dwelms, R50 miljoen se sigarette, R42 miljoen se bedreigde spesies soos perlemoen, R2,7 miljoen se vervalste handelsmerk-klere en -skoene en R18 miljoen se alkohol.

Die inkomstediens het die afgelope jaar byna 2 000 meer klopjagte uitgevoer en onwettige items gekonfiskeer. Die totale waarde van hierdie items beloop ook 50% meer as in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.

In die vorige boekjaar is net op R2,4 miljard se goedere teenoor die R3,6 miljard vanjaar beslag gelê.

Van die ander groot beslagleggings die afgelope jaar sluit in R300 miljoen se dagga-olie wat onderweg van Kanada op die Durbanse hawe onderskep is, en R7,2 miljoen se haaivinne, wat in Maart vanjaar onderweg van Brasilië na Hongkong op OR Tambo onderskep is.

Op een dag in November verlede jaar is ook op vyf miljoen onwettige sigarette by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe beslag gelê.

Meer oor:  Said  |  Inkomstediens  |  Viagra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.