Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
R57 miljard te min belasting ingesamel

Jan Taks is behoorlik platsak.

Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Foto: Elvira Wood

Hy het R57,4 miljard minder ingesamel as waarvoor die staat begroot het.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het voorlopig ’n inkomste van sowat R1 287,6 miljard in die 2018-’19-belastingjaar verklaar.

Dit is R71,2 miljard of 5,8% meer as die vorige boekjaar, het Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die SAID, Maandag in Hatfield, Pretoria, bekend gemaak.

Hoewel dit na baie mag klink, is dit in vergelyking met die 2019-begrotingskatting van R1 345,0 miljard, ’n tekort van R57,4 miljard (-4,3%) en teen die hersiene skatting van R1 302,2 miljard, is dit ’n tekort van R14,6 miljard (-1,1% ).

Kingon het herhaaldelik gesê dié syfers is net voorlopig. Die finale geouditeerde syfers behoort teen later April beskikbaar te wees.

Die netto belasting wat ingesamel is, het met 8,6% gestyg terwyl 22,7% meer geld aan belastingbetalers terugbetaal is.

Kingon sê belastingbetalers – individue en maatskappye – skuld egter nog R145 miljard.

“Ons is baie bekommerd hieroor aangesien die fiskus hierdie geld nodig het,” sê hy.

Meer inligting volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.