Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Jan Taks sluit sy deure weens derde vlaag

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gaan vanaf 1 Julie sy fisieke takke sluit weens kommer oor die derde vlaag van Covid-19-infeksies.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beplan om weer teen 16 Augustus kantore vir besoekers oop te maak. Foto: Argief

Jan Taks sê Vrydag in ’n verklaring dat die piek van die derde vlaag op pad is, en die stygende infeksies reeds sy eie werknemers en hul families geaffekteer het.

Om oordrag van die gevreesde virussiekte te beperk, het die SAID besluit om sy belastingkantore te sluit van Donderdag 1 Julie af tot verdere kennisgewing.

Die SAID is vol vertroue dat sy digitale kanale genoeg funksionaliteit bied vir Suid-Afrikaners om steeds hul belastingopgawes in te dien sonder om na fisieke takke toe hoef te gaan.

Die SAID verduidelik dat sy e-Filing-stelsel oorgehaal sit om opgawes te verwerk en dat sy personeel steeds digitaal beskikbaar sal wees vir konsultasies om belastingbetalers te ondersteun.

Volgens die SAID het Suid-Afrikaners nie gesukkel om gedurende die tweede vlaag van Covid-19-infeksies aanlyn hul opgawes in te dien nie, en dit bewys sy digitale stelsels is genoeg om die land te bedien.

Tans beplan die SAID om weer teen 16 Augustus sy deure oop te maak vir fisieke besoeke aan sy takke, maar dis net ’n tentatiewe datum en sal verander soos meer informasie oor die derde vlaag bekend word.

Persone wat sukkel om digitaal hul opgawes in te dien kan afsprake maak op die SAID se webwerf vir hulp wat dan telefonies verskaf sal word.

“In ooreenstemming met ons verklaarde verbintenis om ons stelsels te moderniseer en dit vir belastingbetalers maklik te maak om hul belastingverpligtinge na te kom, gaan ons voort om ons tegnologie te gebruik om voortgesette diens aan belastingbetalers te verseker op ’n manier wat sowel die veiligheid van ons werknemers as belastingbetalers verseker,” sê die SAID.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.