Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Jan Taks soek steeds sy geld

Al is Suid-Afrikaners agter slot en grendel, wil Jan Taks steeds sy geld hê. 

Piet Nel, projekbestuurder verantwoordelik vir belasting by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica), skryf in ’n nota dat belastingbetalers moet kennis neem dat hulle steeds hul belastingverpligtinge ondanks die staat van inperking moet nakom.

“Daar is geen verligting vir die indiening van belastingopgawes nie. Belastingbetalers moet dus toesien dat hul opgawes voor of op die sperdatums ingedien word,” waarsku hy.

Dieselfde geld as ’n belastingbetaler die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geld skuld.

“Daar is geen verligting vir die betaling van belastings nie, en die betalings moet teen die sperdatum geskied.

In werklikheid het die SAID gesê dat dit ’n kritieke tydperk vir hom is wat betref die insameling van inkomste, en dat die land dit nou, meer as ooit tevore, nodig het dat almal hul deel moet betaal,” skryf Nel.

Waar wel verligting is, is dat indien ’n dispuut tussen die SAID en ’n belastingbetaler ontstaan, sal die 21 dae van inperking nié in berekening gebring word wanneer dié proses gevolg word nie.

Ramaphosa het ook spesiale reëls wat betref belasting gedurende die tyd van inperking aangekondig. Dit sluit in:

  • Werknemers in die private sektor wat minder as R6 500 per maand verdien, sal ’n belastingkorting van R500 per maand vir die volgende vier maande ontvang;
  • Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal uitbetalings aan ondernemings wie se belasting bygehou is, van twee keer per jaar tot maandeliks aanpas;
  • Ondernemings wat met hul belastingbetalings bygehou het en ’n omset van minder as R50 miljoen per jaar het, sal toegelaat word om 20% van hul lopende inkomstebelastingbetalings oor die volgende vier maande aan die SAID te weerhou; en
  • Ondernemings sal ook ’n gedeelte van hul voorlopige korporatiewe inkomstebelasting kan weerhou vir ses maande sonder dat enige boete of rente daarop gehef sal word.

Die SAID se boekjaar eindig op 31 Maart.

Edward Kieswetter, kommissaris van die SAID, sal op Woensdag 1 April bekend maak hoeveel belasting die SAID in die jaar tot einde 31 Maart ingesamel het, én hoeveel geld aan belastingbetalers terugbetaal is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.