Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Jan Taks steek regshoof finaal in die pad
Refiloe Mokoena, voormalige regshoof van die SAID .Foto: Argief

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Refiloe Mokoena, voorheen sy regshoof, finaal in die pad gesteek.

Die diens sê Vrydag in ’n verklaring dat in ’n dissiplinêre verhoor bevind is dat Mokoena het haarself skuldig gemaak aan “ernstige wangedrag”.

“Die SAID het gehoor gegee aan die aanbeveling van die voorsitter van die tugkomitee om haar dienste met onmiddellike effek te beëindig.”

Hoewel die SAID Vrydag geen verdere besonderhede gee oor die “ernstige wangedrag” nie, het hy in September 2018 reeds gesê hy gaan haar skors oor haar betrokkenheid by die terugbetaling van R420 miljoen se belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan die Guptas.

Dié geld is aan ’n derde party betaal.

Dit is teen die wet om sulke betalings aan derde partye te doen.

Mokoena het voorheen op die direksie van Denel gedien. Dit was toe Denel probeer het om ’n vennootskap met VR Laser, wat aan die Guptas behoort het, te sluit.

Sy is aangestel gedurende die tyd wat Tom Moyane aan die hoof van die inkomstediens gestaan het. Pres. Cyril Ramaphosa het Moyane afgedank.

Mokoena het glo selfs Moyane se naam gebruik om die betaling te regverdig.

Sy het die bewerings ontken en beskuldig Ronica Ragavan, uitvoerende hoof van die Gupta-firma Oakbay, daarvan dat sy gejok het toe sy gevra het dat die geld in ’n prokureur se trustrekening betaal moet word.

Meer oor:  Tom Moyane  |  Belasting  |  Ekonomie  |  Jan Taks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.