Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Jan Taks verdien R1,28 miljard uit suikertande

Die regering het al R1,28 miljard se inkomste uit sy suikerbelasting ingesamel van die R1,684 miljard wat hy geraam het hy in die eerste boekjaar daaruit sou kry.

Coca-Cola het die hoeveelheid suiker in onder meer Fanta Grape aansienlik verminder om sy belastinglas te verminder. Foto: Pixabay

Die R1,28 miljard is van 1 April tot einde September ingesamel, blyk uit dokumente wat die nasionale tesourie Woensdag op sy webruimte uitgereik het.

Dit verteenwoordig 76% van die tesourie se teikeninkomste wat al ingesamel is, en dit is maar nog net ses maande vandat die belasting ingestel is.

Daar is nog ses maande oor, met die somermaande en veral Desembervakansie wat voorlê waarin die verbruik van suikerbelaaide koeldrank gewoonlik skerp toeneem.

Die suikerbelasting, wat die tesourie die gesondheidsbevorderingsheffing noem, het op 1 April in werking getree. Dit word belas op grond van die hoeveelheid suiker wat in koeldrank, vrugtesap of enige ander versoete drankie is en is bedoel om obesiteit te beveg en ’n gesonder leefstyl te bevorder.

In September alleen het die tesourie R273,823 miljoen uit die belasting ingevorder. As die gemiddelde insamelingstempo sedert April gehandhaaf word vir die res van die belastingjaar, kan die suikerbelasting meer as R2,5 miljard vir die staatskas inbring.

Koeldrankmaatskappye het verskeie stappe gedoen om hul belastinglas te verlig, onder meer deur koeldranke met minder suiker, maar ook met kunsmatige versoeters in dieselfde koeldrank, bekend te stel; deur die botteltjies suikerbelaaide koeldrank kleiner te maak; en deur verskillende soorte kunsmatige versoeter op die mark te sit.

Meer oor:  Suiker  |  Suikerbelasting  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.