Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Jou private pensioen vir Eskom?

Private pensioene is ook nou blykbaar in die regering se visier om Eskom uit sy skuldmoeras te grawe.

Dit het gister bekend geword dat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag voor sy begrotingsrede in die parlement, aan die joernaliste gesê het dat die vakverbond Cosatu se voorstel om van Eskom se skuld na die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat staatsamptenare se pensioenfonds behartig, “ ’n goeie idee is” wat oorweeg moet word.

Hy het egter ook gesê sou daar daarop besluit word, dit nie net pensioenfondse van die openbare sektor nie, maar ook private pensioenfondse moet wees wat betrek word.

Cosatu se voorstel is dat meer as die helfte van die sukkelende kragreus se R450 miljard-skuldlas na die staatsdienspensioenfonds oorgedra word.

dFoto:

Die kernboodskap uit Mboweni se begrotingsrede was ’n voorgestelde snit van R160 miljard oor drie jaar aan die staatsdiens-salarisrekening.

“As ons die pensioenroete gaan, moet dit almal van ons wees. Dit kan nie (net) staatsamptenare se pensioene wees nie, dit moet álle pensioene wees,” het Mboweni gesê.

“Ander instellings kan na die opsie kyk,” het hy bygevoeg.

Die OBK bestuur meer as R2 000 miljard se bates namens die staatsdienspensioenfondse.

Cosatu se oorspronklike voorstel behels ’n skuldpakket om Eskom se skuld tot R200 miljard te verminder deur die skepping van ’n spesiale soort finansiële struktuur wat die regering, die OBK, die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie betrek.

Nazmeera Moola, hoof van Suid-Afrikaanse beleggings by Investec Batebestuur, het gister by News24 se Frontline-paneelbespreking oor die begrotings­rede gesê om Eskom se skuld aan die OBK in aandele te omskep, dalk met ’n “gesonde finansiële plan” sin mag maak.

Dié (impakbeleggings) is iets waartoe alle batebestuurders, insluitende ons, bereid is. Hierdie idee dat jy langtermyn kontraktuele beleggings kan maak om in die ekonomie te belê, dit bring potensiële groei mee en gee aan lede voldoende opbrengs.
Nazmeera Moola, hoof van Suid-Afrikaanse beleggings by Investec Batebestuur.

Dinge raak egter ingewikkeld wanneer dit by private fondse kom, wat gedefinieerde fondse is en beteken dat lede uitkry wat hulle bygedra het, het Moola gesê. Steun van die private sektor-fondse in die vorm van impak-beleggings kan dalk volgens haar ’n opsie wees.

“Dié (impakbeleggings) is iets waartoe alle batebestuurders, insluitende ons, bereid is. Hierdie idee dat jy langtermyn kontraktuele beleggings kan maak om in die ekonomie te belê, dit bring potensiële groei mee en gee aan lede voldoende opbrengs,” sê sy.

Vir dit om te gebeur, moet die private sektor egter oortuig wees dat daar bestuur en winsgewendheid is en dat entiteite sinvol bedryf word.

Voorbeelde van impak-investering is fondse wat belê in infrastruktuurprojekte oor Afrika heen, het sy verduidelik.

Moola het gesê dít is ’n beter opsie as voorgeskrewe bates – wat aan pensioenfondse voorsê waar om in te belê, selfs al is die finansiële opbrengs nie lewensvatbaar nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Matthew Parks, Cosatu se parlementêre koördineerder, het ook aan die bespreking deelgeneem.

Gordhan het die belangrikheid daarvan benadruk om bedryf by staatsentiteite reg te ruk.

“Of dit nou Transnet, Eskom, of die SAL is, wat almal operasioneel geskaad is omdat die klem op diefstal was eerder as om dié entiteite so doeltreffend as moontlik te maak,” het hy gesê.

Sodra entiteite doeltreffend bedryf word, kan hulle geld maak en minder afhanklik van die staatskas wees, het hy bygevoeg.

In sy kommentaar op die voorstel dat pensioenfondsgeld gebruik moet word om Eskom se skuld te takel, het Gordhan belanghebbers gevra om betrokke te raak by betekenisvolle debatvoering hieroor om skeppende oplossings te vind, en om nie hul aandag te laat aftrek deur voorgeskrewe bates wat as ’n opsie voorgestel is nie.

“Ons kan antwoorde vind. Dit is nie oor voorgeskrewe bates teen iets anders nie,” het Gordhan gesê. 

Moola, sê hoewel sy nie dink dis ’n slegte voorstel deur Cosatu nie, sal enige skuld-herstruktureringsplan wat vir Eskom opgestel word, net ’n tydelike oplossing vir Eskom se talryke probleme sal wees.

Sy glo dat Eskom ’n bedryfsplan nodig sal hê as die openbare en private fondsbestuurders dit moet ondersteun.

“Ek voel sterk daaroor dat Eskom se kwessies nie finansieel van aard is nie. Geldelike kwessies is nie die grootste probleem nie – daar is bedryfskwessies – daar is korrupsie-kwessies.”- Fin24

Meer oor:  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.