Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
JSE begin die week fluks

Die JSE het Maandag op ’n drafstap begin en binne die eerste kwartier van verhandeling met byna 1% gestyg.

markte
’n Valutahandelaar Maandag in die kantoor van ’n Suid-Koreaanse bank in Seoel. Asiatiese aandelepryse was Maandag hoër.Foto: AP

Dit lyk asof die plaaslike mark die positiewe seine uit die res van die internasionale markte volg, waar aandelepryse in Asië en Europa gestyg het. Termynkontrakte op al drie die hoofbeursindekse in New York het gestyg.

Die Stoxx Europe 600-indeks het Maandag gestyg nadat dit twee opeenvolgende weke gedaal het, terwyl aandelepryse in Shanghai, Suid-Korea, Sydney en Hongkong gestyg het.

Die positiewer toon kom te midde van ’n effense skietstilstand in die voortslepende handelsoorlog tussen Amerika en China.

Ontleders waarsku egter dat Argentinië Maandag ’n slegte handelsdag kan hê ná ’n verrassende verkiesingsuitslag Sondag.

Die JSE se indeks van alle aandele het in die oggend met soveel as 0,89% gestyg tot byna 56 000 indekspunte, maar het later deur die oggend begin terugsak.

Oliepryse was laer, met die Brent-ruolieprys in Londen wat tot $58,52 per vat gedaal het en die WTI (West Texas Intermediate) in Amerika wat tot $54,42 per vat gedaal het.

Die goudprys is ook laer op $1 489 per fynons.

Maatskappyenuus op die JSE se Sens-nuusdiens gaan tot dusver oor Grindrod Shipping wat verslag doen oor ’n nuwe skip-aankoop en die kunsmisgroep Omnia wat inligting oor sy voorgestelde nuwe regte-uitgifte gee.

Die rand het die oggend egter al sleg tot R15,32 teenoor die dollar verswak nadat dit op R15,26 geopen het.

Teen die pond het die rand tot R18,50 verswak, en teen die euro het hy tot R17,13 verswak.

Meer oor:  Jse  |  Markverslag  |  Rand  |  Markte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.