Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
JSE begin die week met ’n huppel in die stap
Die JSE-gebou in Sandton, Johannesburg. Die indeks van alle aandele het oor die afgelope vyf jaar bykans geen reële opbrengs gelewer nie.Foto: VERSKAF

Die aandelebeurs in Johannesburg het die week met ’n huppel in die stap begin en teen Maandag laatoggend was die indeks van alle aandele al meer as 1% sterker.

Dit is waarskynlik danksy ’n algemene positiewer sentiment wêreldwyd, met aandelebeurse in Asië wat Maandag sterker is danksy verwagtinge dat Amerika vandeesweek kan vorder met sy handelsonderhandelinge met China.

Die plaaslike beurs is hoër ondanks die keuraandeel Sasol wat steeds laer is nadat hy Vrydag gewaarsku het hy sal nie soos verwag Maandag sy resultate bekend maak nie, maar eers ’n maand later in September.

Sasol se aandeelprys was teen laatoggend al byna 2% laer nadat hy Vrydag reeds met byna 5% geval het.

Die randdollarwisselkoers was aanvanklik stabiel op R15,21 in verhandelings voordat die plaaslike mark geopen het. Maar toe die mark om 09:00 amptelik open, het die rand gou tot soveel as R15,35 teenoor die dollar verswak.

Andre Botha, senior handelaar by TreasuryOne, meen van die gebeure oor die naweek wat die markte kan beïnvloed, is die nuus dat Amerika sy handelsgesprekke met China kan hervat. “Dit sal welkome stabiliteit na die mark bring en die risiko verminder, wat goed sal wees vir die geldeenhede van opkomende markte.”

Ander gebeure die res van die week is die bekendmaking Woensdag van die notule van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) se jongste vergadering. En Vrydag praat Jerome Powell, voorsitter van die Fed, op ’n konferensie in Jackson Hole in Wyoming. Waarnemers verwag Powell kan daar aankondig die Fed oorweeg nog rentekoersverlagings. Dit kan ook positief wees vir risiko-bates.

Volgens Botha het die goudprys effens teruggesak namate beleggers hul geld uit beleggingstoevlugsoorde terugskuif na ander bates. Die goudprys was Maandag 0,6% laer op $1 504,30 per fynons.

Oliepryse is sterker, met die Brent-ruolieprys wat met 1% tot $59,27 per vat gestyg het. Nedbank se ekonomiese eenheid sê die olieprys styg omdat Jemeense rebelle die naweek ’n olie-installasie van Saoedi-Arabië aangeval het.

Dit blyk oliepryse sou nog skerper kon styg was dit nie vir ’n verslag van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande nie. Luidens die verslag sal die olievraag vanjaar met 40 000 vate per dag styg tot 1,1 miljoen vate per dag. Dit wys die mark kan volgende jaar ’n effense oorskot ervaar.

Meer oor:  Aandelebeurs  |  Markte  |  Jse  |  Inkomste  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.