Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
JSE haal hoogste vlak in 20 maande

Die JSE se indeks van alle aandele het Vrydag die hoogste intradagvlak in byna 20 maande gehaal toe dit met 0,8% tot 59 421 punte gestyg het.

Die JSE het herstel van die slagting wat Covid-19 op markte veroorsaak het.

Die grootste rede vir Vrydag se styging, gegrond op die gewig wat dié aandele op die JSE het, was die 0,3%-styging van Naspers, die 1,36%-styging van Anglo American en die 2,86%-styging van FirstRand. Die beurs is deur ’n daling van 1,07% in die aandeelprys van die Naspers-groep se Prosus teruggehou.

Anglo American, wat tot selfs R512 gestyg het, is nou op die hoogste vlakke in 12 jaar.

Die indeks is op koers om vir die vierde dag in ’n ry hoër te sluit, die langste lopie sedert begin November, en ook die tweede week in ’n ry.

As die JSE die momentum kan volhou en bo 59 000 punte sluit, sal dit boonop die eerste keer sedert 17 Januarie vanjaar wees wat dit gebeur.

Die afgelope 30 dae het die indeks met byna 9,9% gestyg, en dis ook 2,8% hoër vir die jaar tot dusver, selfs ondanks die enorme insinking wat in Maart met die aanvang van die Covid-19-krisis in die land beleef is.

Die aandeelprys van 112 uit die 141 maatskappye op die indeks het gestyg en net 17 het gedaal, volgens Bloomberg.

Anglo se aandeelprys is aangehelp deur ’n positiewe handelsverklaring wat sy filiaal Kumba Iron Ore uitgereik het.

Aandele het ook wêreldwyd op of naby rekordhoogtepunte gebly.

Dit word alom steeds beskou as optimisme oor entstowwe teen die virus wat Covid-19 veroorsaak.

Die meeste indekse van die JSE het ook gestyg, insluitend vir mynmaatskappye, banke en versekeraars.

Intussen het die rand vroegoggend by selfs R15,15 teenoor die dollar gedraai en teen middagete op R15,18 gestaan. As dit onder Donderdag se R15,17 kan sluit, sal dit die sterkste sluiting sedert 23 Februarie – ook lank voor die Covid-19-krisis – wees. In April het die rand selfs R19,07 teenoor die dollar getref.

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Indeks Van Alle Aandele  |  Jse  |  Aandele  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.