Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
JSE op hoogste nóg na rand skerp verswak

Die JSE se indeks van alle aandele het Donderdag op sy hoogste vlak nóg van 63 042 punte gesluit nadat die rand baie skerp verswak het weens kommer oor die styging in koronaviursgevalle en gerugte oor ’n strenger inperking wat kan kom.

Die plaaslike beurs is ondersteun deur verwagtinge oor nog verdere fiskale stimulus as die Demokrate in Amerika beheer neem van die senaat en nadat die verkiesing se uitslag Woensdag deur die Amerikaanse kongres bekragtig is.

Die rand het met 34c of 2,3% tot R15,41 teenoor die dollar verswak. Die geldeenheid het Woensdag vir die eerste keer in weke tot laer as R15 verswak.

Trading Economics sê dat die plaaslike beurs ondersteun is deur verwagtinge oor nog verdere fiskale stimulus as die Demokrate in Amerika beheer neem van die senaat en nadat die verkiesing se uitslag Woensdag deur die Amerikaanse kongres bekragtig is.

Die JSE het Donderdag met 1,9% of 1 185 indekspunte hoër gesluit.

Bloomberg toon sedert die begin van die jaar is die JSE al 6% hoër.

Die laaste paar dae se konstante stygings sedert die nuwe jaar begin het, bring mee dat die opbrengs oor ’n jaar nou 13% is.

Die styging in die beurs kom meestal van die sogenaamde randverskansers wat die meeste van hul wins in die buiteland verdien.

’n Swakker rand ondersteun randverskansers se aandeelpryse.

Onder die 40 grootste aandele op die plaaslike beurs het die luuksegoederegroep Richemont die sterkste styging van 5,% getoon; gevolg deur Anglo American met 4,6% en BHP met 3,7%. FirstRand het met 3,2% gestyg.

Bloomberg sê dit is die vyfde agtereenvolgende dag dat die rand verswak – die langste tyd in vyf maand.

Dit is toegeskryf aan die stygende koronavirussyfers in Suid-Afrika omdat die res van die omgewing waarin die geldeenheid verhandel, veronderstel is om hom te laat versterk soos wat dat die dollar onder druk is en hulpbronpryse styg.

Volgens Bloomberg is die rand sover vanjaar die grootste verloorder teenoor die dollar onder opkomende markte.

“Die vernaamste rede daarvoor is die kommer oor die virus wat muteer het en die risiko van ’n strenger inperking,” sê Hans Gustafson, ’n markstrateeg van Swede se Swedbank.

“Die eksterne omgewing is baie positief vir die rand met die dollar wat verswak en edelmetale se pryse wat styg. As hierdie toestande verdwyn, gaan die rand baie kwesbaar wees.”

Piotr Matys, ’n Londense strateeg van Rabobank, sê die interne stormwinde vir die rand kan vanjaar swaarder weeg as wat in die vierde kwartaal gebeur het.

Die rand het in die laaste kwartaal van die jaar met 14% versterk – die hoogste uit ’n mandjie van ontwikkelende lande se geldeenhede wat deur Bloomberg gevolg word.

Meer oor:  Indeks Van Alle Aandele  |  Jse  |  Rand  |  Koronavirus  |  Aandelebeurs  |  Markte  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.