Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
JSE tuimel saam met wêreldmarkte
Die JSE het die wêreld se finansiële markte nagevolg wat Maandag weer aansienlike verliese gely het weens die onstuimigheid van Brexit.

Die onverwagse Brexit van Vrydag het aandeelpryse Maandag weer laat val en die JSE se indeks van alle aandele het die dag 3,08% of 1 593 punte laer op 50 087 gesluit. Die indeks dreig om deur die sielkundig belangrike vlak van 50 000 te breek.

Veral finansiële aandele het pak gekry en dié indeks het 5,28% laer gesluit.

Die JSE het die wêreld se finansiële markte nagevolg wat Maandag weer aansienlike verliese gely het weens die onstuimigheid wat Brittanje se onverwagte referendum-uitslag ten gunste van uittrede uit die Europese Unie (EU) veroorsaak het.

In Brittanje het die pond nou al meer as 11% van sy waarde verloor sedert die referendum se uitslag Vrydag bekend geword het. Die waarde van Britse bankaandele het met miljarde ponde getuimel en die markwaarde van banke soos Barclays en Royal Bank of Scotland het binne net twee dae met ’n derde geval.

Europese aandelemarkte het ook skerp verliese gely. Die Stoxx Europe 600-indeks – ’n breë aanduiding van wat in Europese markte gebeur – het met 3,3% tot sy laagste vlak sedert Februarie teruggesak.

Die rand het verswak saam met die geldeenhede en markte van ander ontluikende lande namate beleggers van meer riskante bates ontslae geraak het.

Die rand het Maandag verder verswak en laatmiddag 1,83% laer op R15,49 teenoor die dollar verhandel. Dit kom nadat hy Vrydag op ’n stadium met meer as 8% verswak het ná die nuus uit Brittanje.

Aandele van maatskappye met blootstelling aan die Britse mark is skerp laer, met veral bankaandele en versekeraars wat deurgeloop het. Investec het 9,24% van sy waarde prysgegee terwyl Barclays Africa 4,73% laer gesluit het.

Goudaandele was egter ’n uitblinker op die JSE met die goudindeks wat 3,6% hoër gesluit het. Goud word as ’n toevlugsoord in tye van onsekerheid beskou en die goudprys het Maandag in ’n stadium met 0,6% tot $1 324,65 per fynons gestyg.

Aandelepryse in die VSA tuimel ook met die S&P 500-indeks wat in oggendverhandeling 2,18% laer was, terwyl die Dow Jones-indeks 1,63% prysgegee het. 

Meer oor:  Ekonomie  |  Aandelebeurse  |  Maatskappye  |  Rand  |  Markte  |  Jse  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.