Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA aandele val skerpste sedert 2008 oor virus

Die indeks van alle aandele van die JSE het Maandag skerp met 4,2% of 2454 punte geval.

WUHAN, CHINA - JANUARY 17: (CHINA OUT) A man wears
'n Man ry verby die mark in Wuhan in China waar die koronavirus begin het. Foto: Getty Images

Casparus Treurnicht, portefeuljebestuurder van Gryphon Batebestuur, sê dit lyk of dit die grootste daling in die afgelope tien jaar is.

“Die laaste keer wat ons só ’n mark ervaar het, was in 2008,” sê hy met verwysing na die val in aandelemarkte met die internasionale finansiële krisis.

Die laaste keer wat die indeks van alle aandele meer as 4% laer gesluit het, was Desember 2008, toon syfers wat hy verskaf het. 

Die indeks het Maandagmiddag op 54 881 indekspunte gestaan, met 60 maatskappye wat ’n nuwe jaarlaagtepunt bereik het. Dit sluit in The Foschini Group, Tiger Brands, Distell, Standard Bank, Old Mutual, Nedbank, Santam, Adcock Ingram, Pepkor, Telkom, Shoprite, Absa en Sanlam.

Die indeks vir die top-40-aandele is ook gelooi en het met 4,4% of 2 299 punte geval het tot 49 282.

Dit stem ooreen met die val wat oorsee gesien is weens die hernude kommer oor die verspreiding van die koronavirus.

“Die virus is besig om sy merk te maak op ekonome se vooruitskattings, en die syfers word afwaarts aangepas.”

The New York Times berig Amerikaanse markte gaan na verwagting vandeesweek ook skerp laer begin.

Markte in Europa is skerp laer nadat meer infeksies buite China die naweek aangemeld is, veral in Italië en Suid-Korea.

Termynmarkte het aangedui Wall Street gaan met meer as 2% daal.

In Suid-Korea het die aandelemark 3,9% laer gesluit.

In Europa is die meeste indekse meer as 3% laer.

Die JSE se mynbou-indeks het met 5,7% laer gesluit.

Die plaaslike indeks van die top-25-nywerheidsaandele is 3,8% laer, en die top-15- finansiële aandele ook soveel.

Sharenet toon die maatskappy wat die meeste markwaarde verloor het is Naspers. Naspers se aandeelprys het  4% laer op R2 551 gesluit.

Sibanye Stillwater het in terme van markwaarde die tweede meeste gedaal toe sy aandeelprys 11% laer gesluit het.

Anglo het die derde grootste daling in markwaarde getoon toe sy aandeelprys 8% laer gesluit het.

In teenstelling daarmee het goudmynaandele skerp gestyg. Harmony se aandeelprys het 14% hoër, en Gold Fields 4% hoër gesluit.

Business Insider berig die vorige skerpste val was in Junie 2016 toe 3,9% geval het toe die resultaat van die referendum in Brittanje oor Brexit die mark geskok het. 

Meer oor:  Pepkor  |  Shoprite  |  Jse  |  Top 40  |  Naspers  |  Old Mutual  |  Alsi  |  Koronavirus  |  Aandele  |  Aandeelmark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.