Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kaap wou minibustaxi’s van pad af dwing

Die Vervoerontwikkelingsagentskap (TDA) van die Kaapse metro het Donderdag toegegee dat die instelling van die MyCiti-snelbusdiens in Kaapstad aanvanklik bedoel was om minibustaxi’s heeltemal van die paaie af te kry.

Daar is later herbesin en besef dat minibustaxi’s wel ’n rol te speel het.

Die minibustaxibedryf meen egter die stad se vervoerowerhede speel ’n dubbele rol as reguleerder van openbare vervoer, asook as operateur van ’n busdiens.

Volgens Dawie Bosch van die TDA is daar ’n skeiding tussen die regulerings-, beplannings- en kontrakteringsfunksies van die munisipale vervoerowerheid, en daar is kanale om tot in die hooggeregshof teen enige besluite van die owerheid beswaar aan te teken.

Die TDA het ook effens die sluier gelig oor hoe die minibustaxibedryf werk.

In sy voorlegging aan die Mededingingskommissie se markondersoek na openbare vervoer het die TDA verduidelik dat taxi-eienaars een of meer bedryfslisensies kan bekom, maar elke lisensie is net vir een voertuig. Een voertuig het egter nie noodwendig net een bestuurder nie.

Die taxi-eienaar vereis dat bestuurders die voertuig aan die einde van die dag moet terugbring met ’n vol tenk brandstof en met ’n sekere teikenbedrag as inkomste, bv. R1 000 of R1 500. Enigiets meer kan die bestuurder hou en die eienaar weet nie eens noodwendig hoeveel ekstra geld die bestuurder maak nie.

Bosch meen dis hoekom taxibestuurders so roekeloos bestuur – omdat hulle hul daaglikse teikens probeer haal.

Probleme ontstaan wanneer ’n taxi-eienaar sterf en hoe sy bedryfslisensie dan gehanteer moet word. Soms erf een kind die voertuig en ’n ander kind erf die bedryfslisensie en dan is daar ’n familievete.

Uitvoerende bestuurslede van taxiverenigings kry gewoonlik die winsgewendste roetes, en wanneer iemand in onguns verval of uit die bestuur van ’n taxivereniging geskop word, verloor hy gewoonlik daardie roete.

Dit is hoekom dit kan gebeur dat iemand dalk gereeld sy paaiemente aan die bank betaal vir die finansiering van sy voertuig, maar dan skielik kan die persoon dit nie meer bybring nie. Dit is dan soms omdat die persoon sy reg verloor het om ’n sekere winsgewende roete te ry, verduidelik Bosch.

Meer oor:  Myciti  |  Kaapstad  |  Minibustaxi  |  Mededingingskommissie  |  Taxi's  |  Busse  |  Openbare Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.