Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kaapse hotelle juig oor nuwe vlug vanaf VSA
’n Lugfoto van die Newark-lughawe in New Jersey. United Airlines bied van 15 Desember regstreekse seisoenale vlugte tussen dié lughawe en Kaapstad. Foto: TRAVELANDLEISURE.COM

Hotelle en gastehuise in die Wes-Kaap skud hul vere reg vir die verwagte toevloei van veral Amerikaanse toeriste na Kaapstad van volgende week af.

Dit is wanneer die eerste nuwe regstreekse vlugte tussen Kaapstad en Amerika begin danksy United Airlines se seisoenale vlug wat op 15 Desember tussen Kaapstad en die Newark Liberty Internasionale Lughawe in New Jersey in die deelstaat New York begin.

Die vlugte duur tot 22 Maart, en kan verleng word na gelang van die vraag.

Nuus oor die nuwe vlugte is al in April bekend gemaak.

Dit is die eerste keer in sowat 15 jaar dat daar weer regstreekse vlugte tussen Kaapstad en ’n Amerikaanse stad is. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het in ’n stadium regstreekse vlugte tussen Kaapstad en Miami in Florida aangebied, maar dit is gestaak.

Tans vlieg net die SAL en Delta Airlines regstreeks tussen Amerika en Suid-Afrika, maar dit is van New York of Washington DC na Johannesburg vir SAL en van Atlanta na Johannesburg vir Delta.

United se nuwe roete sal die reistyd tussen New York en Kaapstad met meer as vier uur verkort en reisigers van meer as 80 Amerikaanse stede makliker toegang tot Kaapstad bied, volgens Richard Lyon, woordvoerder van die Kaapse tak van die Federasie van Gasvryheidsverenigings van Suid-Afrika (Fedhasa).

Die nuwe roete van United kan R280 miljoen se ekstra toerismebesteding vir die Wes-Kaapse ekonomie beteken, volgens navorsing van Cape Town Air Access (CTAA). Die CTAA is ’n program deur die Wes-Kaapse regering, Kaapstad, die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika en toerismeliggame om meer vlugroetes na Kaapstad te lok.

Danksy die program het 13 nuwe roetes oor die afgelope vier jaar na Kaapstad begin, en is 19 bestaande roetes daarheen uitgebrei.

“Ons is baie opgewonde oor die begin van United se regstreekse vlug,” sê Lyon.

Meer oor:  United Airlines  |  Lugdiens  |  Toerisme  |  Toerismebedryf  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.