Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kaapse waterplan hou Moody’s gelukkig
Kaapstad: Moody’s Investors Service hou van sy nuwe waterplan.

Die feit dat Dag Zero toe nooit in Kaapstad aangebreek het nie, is goeie nuus vir dié stad se kredietgradering.

Dag Zero verwys na die dag dat daar nie meer munisipale water vir inwoners sou wees nie.

Moody’s Investors Service het Vrydagaand in ’n verklaring gesê hy het die vooruitsig vir die Kaapse metro se kredietgradering van negatief na stabiel verander.

“Die stad se nuwe waterstrategie sal hom help om sy watersektor doeltreffender op ’n volhoubare wyse by klimaatsverandering aan te pas,” sê hy in die verklaring.

Moody’s sê hy verwag dit sal die negatiewe ekonomiese invloed en fiskale druk op die stad se kredietprofiel teenwerk.

Die stad se nuwe waterstrategie, wat in Januarie 2019 bekend gemaak is, mik daarna om watervoorsiening by klimaatsverandering aan te pas.

Moody’s het die Kaapse metro se kredietgradering onveranderd gelaat op Baa3 vir internasionale skuld en Aaa.za vir plaaslike skuld.

Meer oor:  Moody's Investor Service  |  Kaapstad  |  Dag Zero
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.