Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kaapstad voorste finansiële stad in Afrika
Tim Harris, uitvoerende hoof van Wesgro.

Kaapstad is as die voorste finansiële sentrum in Afrika suid van die Sahara aangewys. Die Moederstad het vanjaar vir die eerste keer aan die Global Financial Centres Index deelgeneem.

Kaapstad is ook onlangs in ’n PwC-verslag aangewys as die stad wat die beste geleenthede van 30 wêreldstede bied. Kriteria soos lewensgehalte, die ekonomie, mensehulpbronne en intellektuele kapitaal is in ag geneem.

Volgens Patricia de Lille, uitvoerende burgemeester van Kaapstad, is eerbewyse soos hierdie ’n erkenning van die pogings om Kaapstad as ’n vooruitstrewende en internasionaal mededingende stad te posisioneer.

“Kaapstad skep ’n bemagtigende omgewing met infrastruktuur wat goed bestuur word en ’n skoon regering wat beleggings en innovering lok.”

Die stad se finansiering van Wesgro en ander beleggings-instellings lok ook sektore wat die beste belofte toon om werk te skep en die ekonomie te laat groei, sê De Lille.

“Kaapstad weet die wêreld skuld ons niks nie en ons moet selfs harder werk om hierdie wonderlike stad selfs beter te maak.”

Op sy beurt het Alan Winde, LUR vir ekonomiese geleenthede, gesê die metro se finansiële sektor het merkwaardige groei in die afgelope paar jaar beleef.

Kaapstad weet die wêreld skuld ons niks nie en ons moet selfs harder werk om hierdie wonderlike stad selfs beter te maak.
Patricia de Lille

“Ons skryf dit toe aan die werk wat die Wes-Kaapse regering, saam met Wesgro, gedoen het om te verseker dat dit makliker is om hier sake te doen.”

Die Wes-Kaapse regering het ’n paar jaar gelede ’n eenheid in die lewe geroep wat burokratiese rompslomp moes uitskakel en om ’n eenstop-instelling vir beleggings in die streek te skep.

Tim Harris, uitvoerende hoof van Wesgro, sê die eerbewys wys dat Kaapstad vinnig opgang maak as ’n finansiële stad.

Hy wys daarop dat Kaapstad ook onlangs as die tegnologie-groeikern van Afrika geïdentifiseer is en sê ’n eerbewys soos hierdie bevestig dat dit meer as net ’n vakansiebestemming is.

“As jy ’n internasionale belegger is, behoort jy Kaapstad nou meer as ooit te oorweeg.”

Wesgro is Kaapstad en die Wes-Kaap se amptelike toerisme- en handelsbevorderingsagentskap wat sy mandaat van die Wees-Kaapse regering se departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme, en die Kaapstad-metro kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.