Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kaapstad wéér as beste toeristestad aangewys
Clifton-strand in Kaapstad Foto: Verskaf

Kaapstad is die 18de jaar agtereenvolgens as Travel & Leisure se beste toeriste-stad in die streek Afrika en die Midde-Ooste aangewys.

Dié Amerikaanse tydskrif wys jaarliks as deel van sy wêreldwye ranglys vir toeriste ’n reeks vakansiebestemmings in verskeie kategorieë aan.

Van die kategorieë sluit hotelle, eilande en stede in verskillende streke in.

Travel & Leisure stel dié ranglys al 24 jaar op.

Kaapstad het vanjaar weer gewilde stede soos Tel Aviv, Marrakesj en Kaïro uitgestof.

“Ons deelnemers erken hierdie handelsname en plekke oor die hele wêreld heen – van Peru tot Japan, Indië tot Italië, en hier in die VSA – vir die eiesoortige en plekspesifieke ervarings wat dit bied,” sê Jacqui Gifford, hoofredakteur van Travel & Leisure.

“Die toekenning is fantastiese nuus vir die toerismebedryf,” sê Enver Dummy, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme. “Dit bewys dat die beloftes wat ons in ons bemarking maak, net so goed is soos die werklike ervarings wat ons bied.”

James Vos, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, batebestuur en toerisme, sê dit herbevestig die stad se poging om sy wêreldklas- toerismebedryf aan almal beskikbaar te stel.

“Toekennings soos dié gee ons ook ’n geleentheid om vas te stel wat ons reg doen en waarop ons kan verbeter.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Besoekers  |  Ekonomie  |  Toerisme  |  Toerismebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.