Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kaartjies vir binnelandse vlugte verkoop fluks

Reisigers wêreldwyd bespreek al hoe meer vliegkaartjies vir vlugte na bestemmings in hul eie land.

Britte kan ook binnekort weer op British Airways se vliegtuie tussen Johannesburg en Londen vlieg. Foto: Unsplash

Volgens die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het die aantal reisigers wat vlugte vir binnelandse reise bespreek het, in April vanjaar baie toegeneem teenoor Maart verlede jaar.

“Die volgehoue en sterk groei in die aantal reisigers wat plaaslike vlugte bespreek, wys vir ons dat mense, sodra hulle weer die keuse het om te vlieg, dit aangryp. Ongelukkig is hierdie vryheid baie internasionale markte nog nie beskore nie,” sê Willie Walsh, direkteur-generaal by Iata.

Mense wat in April internasionale vlugte bespreek het, bly egter steeds min en daar het oor die wêreld heen nie veel beweging plaasgevind wat betref die aanvraag tussen Maart en April nie.

Die aanvraag vir internasionale vlugte in April vanjaar is volgens Iata 87,3% kleiner as wat dit in April 2019 was en dus voor die pandemie. Die afgelope Maart was dié persentasie teenoor 2019 amper dieselfde op 87,8%.

Suid-Afrika verskyn ook steeds op verskeie lande se rooilys van lande wat beskou word as onveilige bestemmings weens die pandemie.

Hoewel British Airways (BA) aangekondig het hy gaan sy vlugte na Suid-Afrika hervat, raai die Britse regering sy burgers steeds aan om slegs vir noodsaaklike redes, dus nie vakansie nie, na Suid-Afrika te vlieg. Dit is egter nie onwettig nie.

British Airways (BA) se vlugte na Johannesburg word op 25 Junie hervat en die lugdiens sal vir eers net een keer per week na en van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe vlieg.

BA se nuus volg kort op die hakke van Virgin Atlantic, wat verlede week gesê vlugte tussen Heathrow en Johannesburg word op 24 Junie hervat.

BA se vlugte wat vanaf Heathrow vertrek, sal op Saterdagoggende op O.R. Tambo land, en op Saterdagaande vanaf Johannesburg na Londen vertrek.

Slegs Britse en Ierse burgers mag egter op die vlugte wees, asook enigiemand wat ’n geldige verblyf-, werk- of studiepermit vir Brittanje het.

Streng Covid-19-protokol geld vir enigiemand wat binne tien dae voor ’n vertrekdatum deur of vanaf ’n land op Brittanje se rooilys vlieg. Dit sluit in dat dié reisigers vooraf plek moet bespreek in Brittanje waar hulle in kwarantyn kan gaan, en dat hulle moet bewys lewer dat dié huisvesting bespreek is.

Op British Airways se webwerf kan jy reeds kaartjies bespreek vir dié vlugte, maar daar is nog nie duidelikheid oor wanneer BA vlugte na en vanaf Kaapstad gaan hervat nie.

Volgens Iata se April-verslag het al Afrika se lugdienste in April vanjaar saam 78,3% minder aanvraag vir vlugte gehad teenoor April 2019.

Meer oor:  Lugdienste  |  Toerisme  |  British Airways  |  Vlugte  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.