Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kabinet juig oor nuwe beleggings

Die mededingingsowerhede het oor die afgelope 20 jaar van die Mededingingswet se bestaan al meer as R8 miljard se boetes ingesamel van maatskappye wat die wet oortree het.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag in die parlement verskeie vrae oor die ekonomie beantwoord.

Die kabinet het op sy vergadering Woensdag kennis geneem van die Mededingingswet se 20ste verjaardag nadat dit in Oktober 1998 in werking getree het.

Die departement van ekonomiese ontwikkeling het danksy maatreëls in die Mededingingswet meer as R5 miljard se geld gegenereer om kleinsake, plaaslike verskaffers en swart boere te ondersteun, sê die kabinet in sy gebruiklike verklaring ná sy tweeweeklikse vergadering.

Die kabinet het die beleggingskonferensie in Oktober verwelkom en sê dit het meer as R290 miljard se beloftes van nuwe beleggings gelok. Dit is bykomend tot die beleggingsbeloftes van meer as R400 miljard wat die afgelope maande in die buiteland deur pres. Cyril Ramaphosa se spesiale gesante ingesamel is.

Die beleggingskonferensie is deur meer as 1 000 afgevaardigdes van meer as 35 lande bygewoon.

As opvolg word die Africa Investment Forum tans in Johannesburg gehou wat deur die Afrika-ontwikkelingsbank saamgeroep is.

Die kabinet het ook die onlangse bekendstelling van ’n nuwe nywerheidspark van R50 miljoen by Phuthaditjhaba in die Vrystaat verwelkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.