Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kabinet moet nou sê oor e-tol, vra Sanral

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) wil hê die regering moet besluit oor die toekoms van elektroniese tolpaaie in Gauteng, berig Sunday Times.

Die koronaviruspandemie en inperking het sy kontantvloei uit die tolpaaie verlaag.

“Ons moet rondskarrel om ons likiditeit te verseker,” sê Skhumbuzo Macozoma, uitvoerende hoof.

“Alvorens die probleem met e-tol opgelos is, sal ons nie uit hierdie moeras kom nie.”

Macozoma sê die besluit om die stelsel te hou of weg te doen daarmee, lê by die kabinet.

Net sowat 20% van gebruikers betaal e-tol.

Indien dit gekanselleer word, gaan Sanral se skuld wat met Gauteng se e-tol-paaie verband hou, van R40 miljard tot R67 miljard spring.

Die inperking het Sanral meer as R620 miljoen gekos, het die koerant berig. – Bloomberg

Meer oor:  Sunday Times  |  Sanral  |  Tolpaaie  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.