Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kersfees op vlak 1? 10 dinge wat jy moet weet

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika Woensdagaand oor Covid-19-maatreëls toegespreek, minder as ’n maand ná sy vorige nasionale aankondiging oor die pandemie. Hier is wat jy moet weet.

  

1. Vlak 1 geld steeds

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Drankverkope word nie verander nie, behalwe in die munisipaliteit wat Port Elizabeth insluit. Foto: Getty Images

Vlak 1 en die betreklik ligte regulasies wat op 11 November afgekondig is, bly geld in die grootste deel van die land, met die uitsondering van gebiede wat tot brandpunte verklaar word. Daar word ’n nuwe vlak nie afgekondig nie, maar strenger regulasies geld wel.

     

2. Brandpunte word strenger gereguleer

Die president stel ’n stelsel van brandpunte in wat net spesifieke munisipaliteite sal geld. Brandpunte sal veral bepaal word op grond van die volgende faktore: 

  • Die aantal positiewe gevalle per dag;
  • Die persentasie toetse per bevolking; 
  • Die persentasie positiewe toetse;
  • Die aantal hospitaaltoelatings; en  
  • Die aantal sterftes.

     

3. Port Elizabeth is nou ’n brandpunt

Die Nelson Mandelabaai- metropolitaanse munisipaliteit, wat Port Elizabeth, Dispatch en Uitenhage insluit, word tot ’n brandpunt verklaar. Vyf strenger regulasies sal in dié munisipaliteit geld: 

  • Die aandklokreël word verleng van 22:00 tot 04:00. In dié ure mag net noodsaaklike werkers en mense met noodgevalle buite wees; 
  • Alkoholverkope oor naweke word verbied en mag nou slegs Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 18:00 plaasvind; 
  • Alkohol by restaurante en kroeë mag nie ná 22:00 genuttig word nie en alkohol mag ook nie op openbare plekke soos strande en parke gebruik word nie; 
  • Byeenkomste word beperk tot 100 mense in ’n gebou en 250 in die buitelug (nasionaal is dit 250 en 500 onderskeidelik); en 
  • Byeenkomste ná begrafnisse, sogenaamde post-tear parties, word verbied.

  

4. Tuinroete, Sarah Baartman-distrik geëvalueer

Dié twee gebiede is nog nie tot brandpunte verklaar nie, maar sal deur die nasionale koronavirusbevelsraad besoek word, waarna bepaal sal word hoe die styging in infeksies in bedwang gebring gaan word.

  

5. Ramptoestand verleng

Die ramptoestand word met nog ’n maand, van 15 Desember tot 15 Januarie 2021, verleng.

  

6. Inisiasie mag voortgaan

Tradisionele inisiasierituele mag voortgaan, maar word wel in Nelson Mandelabaai verbied.

  

7. Reis nie verbied nie, maar ontmoedig

Die president het nie perke op interprovinsiale reis ingestel, soos party mense verwag het, nie. Hy het wel ’n pleidooi gerig dat mense alle onnodige reise beperk.

  

8. Geen perk op drankverkope buite PE

In die res van die land, buite Nelson Mandelabaai, geld dieselfde regulasies oor drankverkope steeds, asook oor byeenkomste.

    

9. Almal moet steeds maskers dra

Ramaphosa beklemtoon dat die dra van maskers een van die beste maniere bly om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Daarmee saam word mense gevra om groot samekomste te vermy en om in goed geventileerde plekke te bly.

  

10. Gebruik van Covid-app weer aangemoedig

Meer as miljoen Suid-Afrikaners het nou al die Covid Alert SA-app afgelaai en Ramaphosa het ander mense aangemoedig om dit ook te doen.

  
Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Inperking  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drankverkope  |  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Vlak 1  |  Aandklokreël  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.