Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand sterkste in 5 maande, klim tot R13,89
'n Dollar sou jou vroeg Donderdagoggend R13,98 kos.

Die rand het Donderdag tot sy sterkste vlak in bykans vyf maande geklim.

Die rand het teen 13:00 tot R13,89 teenoor die dollar verstewig. Dit volg na hy vroegoggend nog teen R13,98 verhandel het.

Die rand het laas in Februarie so goed presteer toe dit op 12 Februarie teen R13,75 teenoor die dollar verhandel het.

Daar was Woensdag goeie nuus uit alle oorde om die rand te help verstewig.

Internasionaal het Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed), onverwags voor die kongres getuig dat die Fed nou meer geneë is om rentekoerse te verlaag, sê Bianca Botes, ’n vennoot van Peregrine Treasury Solutions.

Sy het nadat dié nuus bekend geword het, voorspel dat die rand weer na R14 sal mik omdat die dollar onder hernude druk kom.

Die aankondiging deur die tesourie laatmiddag dat Tito Mboweni, minister van finansies, wéér vir Lesetja Kganyago vir ’n verdere vyf jaar as president van die Reserwebank aangestel het, het die rand waarskynlik net die verdere hupstoot gegee om wél deur dié sleutelvlak te breek.

Prof. Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê dié aanstelling is baie goeie nuus vir die bank en die ekonomie.

“Kganyago is nie net ’n bankier wat plaaslik en internasionaal gerespekteer word nie, maar sy heraanstelling stuur ’n baie sterk boodskap dat die onafhanklikheid van die sentrale bank gehandhaaf word,” sê hy in ’n verklaring.

Hy het ook die aanstelling van Fundi Tshazibana en dr. Rashad Cassim as sy adjunkte verwelkom.

Die rand het vroeg Donderdagoggend teen R17,49 teenoor die Britse pond en R15,75 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 426,40 per fynons
  • Platinum: $827 per ons
  • Olie: $67,18 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $11 304,00/R176 001
  • Ethereum: $266,15/R4 251
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.