Lesetja Kganyago is vir nog vyf jaar as die hoof van die Reserwebank deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank. Foto: Denzil Maregele
Die aanstelling is ná konsultasie met die minister van finansies, Tito Mboweni, en die direkteure van die Reserwebank gedoen.
Sy nuwe termyn begin op 9 November, ’n dag nadat sy vorige termyn eindig.
Die president het Fundi Tshazibana en dr. Rashad Cassim ook ná konsultasie as die nuwe adjunkhoofde van die Reserwebank aangestel. Hul termyne is ook vir vyf jaar en begin op 1 Augustus.