Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kleinsake-adviesraad kom uiteindelik ná 5 jaar
Kleinsake in Suid-Afrika neem baie minder mense in diens as wat navorsers verwag het. Foto: Argief

Die regering het ná vyf jaar ingestem om ’n Kleinsake-adviesraad te stig wat die wet vereis.

Khumbudzo Ntshavheni, wat in Mei aangestel is as minister van kleinsake-ontwikkeling, het skriftelik onderneem dat dié raad op 1 November in werking sal tree.

Die onafhanklike adviesraad is ’n basiese vereiste van die Nasionale Kleinsakewet. Dié raad moet die minister adviseer oor faktore wat kleinsake se lewensvatbaarheid bedreig, nasionale standaarde en regulasies vir die sektor en strategieë om die mislukking van markmeganismes aan te pak.

Johannes Wessels, direkteur van die Enterprise Observatory of SA, sê ’n vriendelike sake-omgewing vir klein- en grootondernemings is belangriker as ’n adviesraad.

Hy sê dit behels kwessies soos doeltreffende misdaadvoorkoming, die toeganklikheid van munisipaliteite deurdat hulle telefone en e-posse beantwoord, vinnige uitreiking van belasting­klarings vir die oordrag van eiendom, ’n buigsamer regulatoriese raamwerk en ook die beskerming van intellektuele en ander eiendom.

Wessels sê as die adviesraad ’n bydrae wil lewer tot ekonomiese groei, kan hulle hulle beywer vir statistiese navorsing as grondslag vir beleidsvorming. Tans is daar baie mites oor klein ondernemings, soos dat hulle die meeste werk skep, sonder enige statistiese grondslag.

Die raad sal uit minstens sewe en nie meer as 15 lede bestaan nie, waarvan die minister nie meer as drie mag aanstel nie.

Die departement het nie vrae van Rapport beantwoord oor onder meer die proses wat gevolg sal word om die ander lede aan te stel nie.

Meer oor:  Syfers  |  Besteding  |  Kleinhandelverkope  |  Kleinsake  |  Kerstyd  |  Verkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.