Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kommer neem toe oor staat se begroting
Malusi Gigaba, minister van finansies, het 'n moeilike taak voor hom wanneer hy later in Oktober die mini-begroting aankondig.

Swakker as verwagte ekonomiese groei gaan die regering se bestedingsplanne in die wiele ry, het die nasionale tesourie in die parlement gesê.

Amptenare van die tesourie het in ’n voorlegging in die parlement gesê as die ekonomiese groei van 1,3% wat verwag word, nie gebeur nie, gaan dit sy planne in die wiele ry om meer geld te leen om besteding te kan finansier.

Die staat staar ’n groot tekort aan inkomste in die gesig nadat die ekonomie twee opeenvolgende kwartale gekrimp het en in die tweede kwartaal van vanjaar net marginaal gegroei het.

Die verwagte ekonomiese groeikoers vir die komende drie jaar is gemiddeld 1%.

Inligting wat die tesourie Vrydag uitgereik het, toon in Augustus het die regering ’n begrotingstekort van R13 miljard gehad ná sy tekort van R92 miljard in Julie.

Dit het vrese aangeblaas dat die land weer deur die internasionale kredietgraderingsagentskappe afgegradeer gaan word.

“Die regering moet voortgaan om meer met minder te doen terwyl besteding na programme gekanaliseer moet word wat werk skep, armoede verlig en ongelykheid takel,” sê die tesourie.

Die tesourie is onder druk om met sy fiskale plan voort te gaan wat in Februarie aangekondig is en wat insluit om sy begrotingstekort te verminder en om staatsondernemings te speen van die reddingsboeie waarvoor die staat kort-kort moet opdok. - Reuters

Meer oor:  Parlement  |  Nasionale Tesourie  |  Begroting  |  Besteding  |  Begrotingstekort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.