Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Konstruksie se vertroue laagste nóg

Die konstruksiebedryf se sakevertroue het in die eerste kwartaal tot sy laagste vlak nóg gedaal.

Die konstruksie by die Medupi-steenkoolkragstasie.

’n Peiling deur FNB en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek toon dat die bedryf se vertroue in die kwartaal met agt punte tot tien punte geval het.

Volgens Siphamandla Mkhwanazi, ’n eiendomsekonoom van FNB, is 90% van die respondente wat aan die peiling deelgeneem het, ontevrede met die huidige saketoestande.

Die rede vir die val in vertroue is weens ’n verdere verlangsaming in die groei in aktiwiteite in die sektor, wat ook druk op winsgewendheid geplaas het.

Hy sê volgens Statistieke Suid-Afrika het die reële groei in die konstruksiebedryf met 1,1% jaar tot jaar verlangsaam in die vierde kwartaal, vanaf die groei van 2,3% in die derde kwartaal.

“Die peiling se resultaat dui aan dat die groei in die sektor in die eerste kwartaal steeds swak was.”

Die peiling toon ook op kort tot medium termyn word voortgesette swak vraag verwag.

Mkhwanazi meen dit is nie verrassend dat die vooruitsig vir nuwe werk so negatief is nie, gegewe die stand van die staat se geldsake en die gevolglike daling in infrastruktuurbelegging deur die openbare sektor.

Hy glo ook nie die toename in werk wat in die onlangse amptelike syfers vir die private konstruksiesektor gesien is, is volhoubaar nie.

“Die resultate van die peiling stem ooreen met die verwikkeling wat twee weke gelede in die mark gesien is toe nog ’n groot konstruksiemaatskappy, Group Five, in sakeredding gegaan het. Siviele kontrakteurs sukkel werklik,” sê hy.

Die indeks se maksimum punte is 100. ’n Punt van 50 dui daarop dat die respondente gelyk verdeel is tussen dié wat tevrede en dié wat ontevrede is.

Die peiling is tussen 28 Januarie en 4 Maart gedoen.

Meer oor:  Aveng  |  Group Five  |  Boubedryf  |  Sakevertroue  |  Infrastruktuur  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.