Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Konstruksie se vertroue tel stadig kop op
Vertroue in die Suid-Afrikaanse konstruksiesektor het effens verbeter. Foto: Pixabay

Die konstruksiebedryf se sakevertroue het in die vierde kwartaal effens begin verbeter.

’n Peiling deur FNB en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek toon dat die bedryf se vertroue in die kwartaal met sewe punte tot 22 punte gestyg het. Dit is die eerste keer sedert die tweede kwartaal van 2017 dat dié indeks hoër as 20 punte is.

Dit is die tweede agtereenvolgende kwartaal wat vertroue styg.

Volgens Siphamandla Mkhwanazi, ’n eiendomsekonoom van FNB, is sowat 80% van die respondente wat aan die peiling deelgeneem het, egter steeds ontevrede met die huidige saketoestande.

Die rede vir die stadige toename in vertroue is dat respondente sê hulle sien meer aktiwiteit in die sektor.

Terwyl daar meer aktiwiteit te bespeur was, het ander indekse egter druk op die algehele punt gehad.

Respondente is nie baie positief oor die hoeveelheid mededinging wat betref tenders en die beskikbaarheid van nuwe werk nie.

“Vertroue sou waarskynlik beter gewees het as dit nie was vir strawwe mededinging om tenders te wen en kommer oor die beskikbaarheid van toekomstige werk nie,” sê Mkhwanazi.

“Respondente verwag dus nie dat die werk wat hulle tans het, volgehou gaan word nie, of dat die groei beperk is tot enkele ondernemings binne die sektor.”

Die indeks se maksimum punte is 100. ’n Punt van 50 dui daarop dat die respondente gelyk verdeel is tussen dié wat tevrede en dié wat ontevrede is.

Die peiling is tussen 14 Oktober en 28 November gedoen.

Meer oor:  Ekonomie  |  Konstruksiebedryf  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.