Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kontant kraai koning tydens inperking
Suid-Afrikaners gebruik meer kontant gedurende die staat van inperking. Foto: Unsplash

Al moedig banke hul kliënte aan om eerder elektroniese platforms te gebruik vir betalings, het kontant koning gekraai te midde van die staat van inperking.

BankservAfrica se indeks van ekonomiese transaksies (Beti), wat Donderdag bekend gemaak is, wys dat Suid-Afrikaners die afgelope maande veel eerder kontant by ’n kitsbank getrek het as om ’n kredietkaart vir betalings te gebruik.

Shergeran Naidoo van BankservAfrica sê die algehele reële waarde van onttrekkings by kitsbanke was in Junie bykans 28% hoër as ’n jaar gelede.

Dit is ten spyte daarvan dat Saswitch-boetes (wanneer kontant onttrek word by ’n ander kitsbank as jou eie bank s’n) weer sedert begin Junie gehef word. Banke het dié boetes opgehef onder vlak 4 en vlak 5 van die staat van inperking.

Naidoo sê die groter Sassa-toelae te midde van die staat van inperking is moontlik een van die redes waarom transaksies by kitsbanke die hoogte ingeskiet het.

LEES OOK: Cyril se toelae-plan: Wat jy moet weet

Naidoo sê dit is opvallend dat Sassa-toelae bykans onmiddellik in kontant onttrek word die oomblik dat dit in mense se rekening inbetaal is.

Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za en samesteller van die indeks, meen die styging in kontantonttrekkings kan moontlik ook toegeskryf word aan die gebruik van kontant vir “onwettige” transaksies, soos om byvoorbeeld alkohol en/of sigarette te koop.

Die koop en verkoop van sigarette is sedert die aanvang van die staat van inperking op 27 Maart verbode.

Schüssler sê egter daar is soveel veranderlikes wat in ag geneem moet word, dat hulle net kan bespiegel waarom Suid-Afrikaners nou skielik kontant verkies.

Kaarte

Schüssler sê dit is ook opvallend dat meer verbruikers die afgelope tyd verkies het om eerder ’n debiet- as ’n kredietkaart te gebruik.

“Dit lyk asof verbruikers wat werk het, óf bang is om geld te bestee, óf hul salaris is nou kleiner.

“Ondanks die massiewe uitbetalings deur die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19-Ters-skema, blyk dit dat verbruikers hul kredietkaarte baie minder gebruik as voorheen.”

Schüssler sê daar was nie net minder transaksies met kredietkaarte nie; die algehele waarde van die transaksies het met 12,3% gedaal teenoor ’n jaar tevore.

Die totale waarde van transaksies met debietkaarte het egter met 15% gestyg.

Die afgelope drie maande het die getal kaarttransaksies gemiddeld met byna 30% gedaal.

Schüssler sê Suid-Afrika het nog nooit tevore ’n daling van dié omvang in kaarttransaksies gesien nie.

Hy sê die verwagting is dat die getal transaksies weer sal styg namate die staat van inperking gelig word. Dit is egter onseker wat die invloed sal wees van die grootskaalse afleggings wat die afgelope ruk aangekondig is.

Kontant

Meer oor:  Bankservafrica  |  Mike Schüss­Ler  |  Covid-19  |  Kredietkaart  |  Kontant  |  Beti
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.