Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kontantverkope in townships verras FirstRand

Die grootte van township-ondernemings wat net kontantverkope doen, het FirstRand verras.

Die Beauty Cash Store-spazawinkel in Naledi in Soweto. Foto: Elizabeth Sejake

Die bankgroep het in Maart aangekondig hy gaan die res van die aandele van die finansiëletegnologiemaatskappy Selpal bekom, wat spesifiek in township en op die platteland bedrywig is.

Dit is gedoen ten einde groter voordeel te trek uit die township-ekonomie.

FirstRand het reeds in 2018 ’n minderheidsbelang in Selpal bekom.

Daar is miljoene ondernemings in townships – van klein informele winkels tot groothandelaars – wat histories nie deur die groot banke bedien is nie.

Ná byna drie jaar se belegging in Selpal het FirstRand besef dat die ondernemings baie groter is as wat voorheen gedink is, sê Jesse Weinberg, hoof van klein tot middelslagondernemings (KMO’s) van FNB, wat aan FirstRand behoort.

Selpal is in 2012 gestig en hy stel sy betaalpunttoestel aan winkels beskikbaar.

Die toestel en gepaardgaande sagteware maak kaartbetalings deur klante moontlik en laat hulle ook toe om selfs lugtyd en elektrisiteit te koop.

Die stelsel help winkels ook om aankope van verskaffers te doen. Die data wat hiermee ingesamel word, kan later gebruik word om finansiële dienste soos lenings aan die ondernemings te bied.

Volgens Weinberg is meer as 2 500 ondernemings reeds kliënte.

Hy gaan wel nie sy teiken om 2 500 groothandelaars teen 2022 as kliënte te hê bereik nie, want daar is minder van dié ondernemings in townships as wat aanvanklik geraam is.

Die bank het sy definisie van groothandelaars verander en raam nou dat daar slegs 20 tot 30 van hulle in ’n gemiddelde township is.

Weinberg sê die groothandelaars wat net kontantverkope doen, is egter veel groter as wat aanvanklik gedink is. Sommige bereik ’n omset van tot R40 miljoen per maand – ’n syfer wat maatskappye aan die bokant van sy kategorie vir KMO’s net jaarliks bereik.

Heelwat kleiner winkels in townships se omset beloop tipies R2 miljoen per jaar, hoewel hul winsmarge baie klein is. “Dit plaas daardie kliënt (van Selpal) skielik in ’n taamlik wesenlike kategorie; dis ’n onderneming met ’n behoorlike grootte,” sê hy.

Toetslopies met lenings het ook reeds verrassings opgelewer.

Een produk wat getoets is en op soortgelyke wyse werk as die handelskrediet van tradisionele bankkliënte, wat ’n onderneming toelaat om sy verskaffers later vir voorraad en dienste te betaal, was nie gewild nie.

Diegene wat wel daaraan deelgeneem het, het so senuagtig geraak oor hul negatiewe saldo’s dat hulle in sommige gevalle begin het om die verkoopsagente van Selpal te vermy.

“Dit het ietwat van ’n verwarring veroorsaak,” vertel Weinberg.

Volgens hom beplan die bank om later weer krediet uit te toets. – Reuters

Meer oor:  Fnb  |  Firstrand  |  Township  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.