Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kortlys krimp vir begroting-toppos in parlement
Dr. Dumisani Jantjies, een van die kandidate vir die pos van direkteur van die parlementêre begrotingskantoor.

Die kortlys vir die pos van die direkteur van die parlementêre begrotingskantoor (PBO) het tot ses gekrimp en ’n subkomitee van die parlement het hulle Dinsdag ondervra.

Drr. Dumisani Jantjies, Mohamed Seeraj, Jacobus Mostert asook Nelia Orlandi, Bongani Khumalo en prof. Dan Plaatjies het Dinsdag na Sandton vir hul onderhoude met die gesamentlike subkomitee van die staande en gekose komitees oor finansies en toedelings van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies gekom.

Drie ander kandidate het hulle om persoonlike redes aan die werwingsproses onttrek. Dit is dr. Lungelwa Kaywood, Dzingai Chapfuwa en Ian Stuart.

Drie van die oorblywende kandidate vir die pos – Jantjies, Seeraj en Orlandi – is almal bestaande adjunkdirekteure by die PBO, terwyl Plaatjies lank aan die stuur van die Finansiële en Fiskale Kommissie was.

Jantjies het bewerings ontken dat hy, of enige van sy kollegas wat vir die pos aansoek gedoen het, vir moontlike ongerymdhede by die PBO ondersoek word.

Volgens hom handel die ondersoek oor ’n voormalige werknemer van die PBO wat oor ’n arbeidsdispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gegaan het. Dit was glo omdat dié persoon oorgesien is vir ’n bevordering wat hy meen hom toekom.

Jantjies was die eerste van die kandidate met wie die subkomitee Dinsdag ’n onderhoud gevoer het.

Volgens hom speel die land se begroting ’n rol om transformasie in die ekonomie te bevorder. Hy meen die PBO se rol is nie dié van ’n waghond nie, maar ’n advieskantoor vir die parlement oor die begrotingsproses. Volgens hom moet die publiek moet meer bekend met die werk van die PBO word.

Die subkomitee sal vroeg in Oktober ’n kandidaat vir die pos aanbeveel.

Meer oor:  Dumisani Jantjies  |  Begroting  |  Pbo  |  Parlement  |  Begrotingskantoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.