Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kospryse: Koop hoender voordat pryse styg!

Die prys van hoendervleis gaan na verwagting binnekort toeneem. Foto: Pieter du Preez

Dis tyd om jou vrieskas vol hoendervleis te maak, want die kans is goed dat pryse binnekort gaan styg.

Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphosa verlede week in sy staatsrede aangekondig het nuwe invoertariewe op hoender word binne weke ingestel. Dit sal hoender heelwat duurder maak, veral as die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se versoek vir tariewe van 82% op ingevoerde hoenderborsies en -agterkwarte toegestaan word. Die tariewe is tans onderskeidelik 12% en 37%.

Die styging in die prys van hoendervleis gaan kosprysinflasie opdruk, maar die landbou-ekonoom Wandile Sihlobo sê dit sal weer teengewerk word deur traer stygings in die prys van veral brood en graanprodukte.

Sihlobo, van die landbousakekamer Agbiz, sê kospryse gaan nie buitengewoon skerp styg in 2020 nie. Kosprysstygings sal vanjaar aangedryf word deur wat in die graan- en vleismarkte gebeur. “Dié twee koskategorieë is vir byna twee derdes van Suid-Afrika se kosprys-inflasiemandjie verantwoordelik.”

Sihlobo sê ’n nuwe uitbreking van bek-en-klouseer kan die prys van rooivleis in bedwang hou.

Die siekte beteken lande wat verlede jaar ’n verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse vleis geplaas het, sal dit nie binnekort ophef nie. Dit kan die ooraanbod in Suid-Afrika laat voortduur en dus laer pryse, of minstens pryse wat nie skerp styg nie, meebring.

Daar was selfs twee maande van 2019 – April en Mei – waarin vleis goedkoper was as ’n jaar gelede. Omdat daar egter in 2019 kwalik ’n styging in vleispryse was, sal die persentasiestyging in 2020 hoër wees.

Sihlobo se kommentaar kom nadat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Woensdag bekend gemaak het die oorhoofse inflasiekoers het tot 4,5% opgeskiet. Kosprysstygings in die algemeen het egter tot 3,7% verlangsaam.

Die laer styging in die mandjie kos wat die SSA meet, kom danksy die verlangsaming in die koers waarteen brood en graan; melk, kaas en eiers; olies en vette; vrugte; en suiker, lekkers en poedings styg.

Die vooruitsig vir graanproduksie is positief. Die verwagting is nou dat mielieproduksie met minstens 11% tot 12,5 miljoen ton sal styg en dalk selfs meer, met ’n maksimum verwagting van 14 miljoen ton.

Wêreldwye koringproduksie gaan na verwagting 4% hoër op 754 miljoen ton wees, wat pryse in toom kan hou. Suid-Afrika voer koring in.

kospryse

Meer oor:  Ekonomie  |  Kos  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Kosprysinflasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.