Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kredietombud by polisie verkla

Nicky Lala-Mohan, wat in 2015 as die kredietombudsman aangestel is, is afgedank en ’n klag van beweerde finansiële wangedrag is teen hom aanhangig gemaak.

Nicky Lala-Mohan, wat die ombud vir krediet van Februarie 2015 af was. Foto: Verskaf

Die kantoor van die ombud het onlangs aangekondig Lala-Mohan is voorlopig geskors hangende ’n dissiplinêre verhoor waarin hy skuldig bevind is aan finansiële wangedrag ten bedrae van R850 000.

Geen verdere inligting oor wat dit behels, is verskaf nie.

Hy is op 14 Oktober afgedank.

Tefo Raditapole, voorsitter van die ombudsraad, het Dinsdag ’n klag teen Lala-Mohan by die Linden-polisiekantoor ingedien.

Lala-Mohan was voorheen die voorsitter van die ombudsraad.

In die verklaring oor sy aanstelling is destyds gesê hy was twee dekades in die kredietbedryf en was meestal in die bankbedryf in verskeie poste by Standard Bank. Hy was ook 11 jaar by die Bankvereniging.

Die kantoor van die kredietombudsman los klagte van verbruikers en ondernemings op wat negatief deur inligting by die kredietburo’s geraak word, of wanneer ’n verbruiker ’n dispuut met ’n kredietverskaffer het.

Lala-Mohan het Donderdagoggend gesê hy is in die hospitaal en die dissiplinêre verhoor het in sy afwesigheid plaasgevind. Hy oorweeg sy opsies oor wat om te doen.

Hy is in kennis gestel van die klag by die polisie.

Oor die aantyging van finansiële wangedrag het hy gesê hy behou hom die reg voor in die verband en wou geen kommentaar lewer nie.

Die kantoor van die kredietombudsman kry sy finansiering van die bedryf deur middel van ledegeld en geen geld word van die staat gekry nie. Dit is ’n vrywillige organisasie. 

Na wat verneem word, beloop sy begroting sowat R14 miljoen per jaar.

Meer oor:  Skorsing  |  Wangedrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.