Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
KYK: Rotterdam bekommerd oor Brexit

Rotterdam – die grootste hawe in Europa – is bekommerd oor die naderende Brexit.

Brittanje verlaat die Europese Unie op 29 Maart 2019.

Die hawe behartig jaarliks nagenoeg €60 miljard se bilaterale handel tussen Brittanje en Nederland.

Brittanje verlaat die Europese Unie (EU) op 29 Maart 2019 en dit lyk in dié stadium hoogs waarskynlik dat die land nie gunstige voorwaardes in die egskeiding kan beding nie.

Die grootste vrees vir Rotterdam is dat geen ooreenkoms oor doeane bereik gaan word nie. Daarsonder sal uitvoersertifikate en invoerbeheer ingestel moet word, insluitend inspeksies van alle produkte. Rotterdam sal byvoorbeeld ’n plek moet oprig waar lewende diere ondersoek kan word voordat dit van Europa na Brittanje uitgevoer kan word, berig Reuters (kyk video hierbo).

Rotterdam se vrese kom terwyl daar eintlik vir die stad as geheel ook nuus onderweg is. Die Uniliver-groep, wat onder meer Dove en Marmite besit, wil sy hoofkantoor van Londen na Rotterdam verskuif.

Brittanje verlaat die Europese Unie (EU) in Maart 2019 en dit lyk in dié stadium hoogs waarskynlik dat die land nie gunstige voorwaardes in die egskeiding kan beding nie.

Rotterdam se vrese kom terwyl daar eintlik vir die stad as geheel goeie nuus onderweg is. Die Uniliver-groep, wat onder meer Dove en Marmite besit, wil sy hoofkantoor van Londen na Rotterdam verskuif.

Die groep sê dit het niks met Brexit te make nie, maar is deel van die proses om sy struktuur te vereenvoudig. Hy smelt sy twee afsonderlike beheermaatskappye – die een in Londen en die een in Nederland – saam.

Die proses is nog onderhewig aan goedkeuring deur aandeelhouers, wat einde Oktober daaroor stem.

Unilever gaan wel in Londen genoteer bly, tesame met sy notering in Nederland, en Londen bly ook die hoofkantoor van twee van Unilever se drie afdelings, persoonlike sorg en tuisversorging (skoonmaakmiddels). Die derde afdeling, vir kos en versnaperinge, het sy  hoofkantoor in Rotterdam.

Meer oor:  Unilever  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.