Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Langer dubbelbaan vir Suez-kanaal kom

Die Suez-kanaalowerheid (SCA) het baggerwerk begin doen aan ’n tweede baan in die Suez-kanaal in die suidelike deel van die kanaal naby die plek waar ’n reuse-houerskip in Maart ses dae lank vasgesit het.

’n Houerskip beweeg in die verte deur die Suez-kanaal in Egipte in die omgewing waar ’n tweede baan verleng gaan word en die kanaal dieper en wyer uitgegrawe gaan word sodat meer skepe kan deurvaar. Foto: Reuters

Die SCA het die naweek aangekondig hy beplan om ’n tweede kanaalbaan wat in 2015 geopen het met 10 km te verleng sodat dit in totaal 82 km lank is. Daarby sal ’n deel van ’n enkelbaan aan die suidelike punt van die kanaal breër en dieper gegrawe word.

Die werk het begin in opdrag van pres. Abdel Fattah al-Sisi van Egipte. Dit volg op die vragskip die Ever Given van die skeepsredery Evergreen wat die suidelike deel van die kanaal van 23 tot 29 Maart versper het en sodoende honderde ander skepe vertraag het.

Die Ever Given word steeds in die Groot Bittermeer tussen die twee dele van die Suez-kanaal gehou te midde van ’n dispuut oor wie die rekening moet betaal vir die vlotmaking van die vragskip. Sy duisende vraghouers is steeds op die skip. Die dispuut is tussen die SCA en die Japannese skeepseienaar Sjoei Kisen.

Die projek om die kanaal dieper en wyer te maak sal binne twee jaar afgehandel wees, het Osama Rabie, voorsitter van die SCA, verlede week gesê.

Die verlenging van die tweede baan sal meer skepe toelaat om deur die kanaal te kan beweeg. Die hoofkanaal tussen die hawestad Suez en die Groot Bittermeer sal met 40 m verbreed word en dié deel van die kanaal sal ook sowat 2 m dieper uitgebagger word van die huidige sowat 20 m tot 22 m.

Die projek was reeds beplan, maar die voorval met die Ever Given het die Egiptiese regering laat besluit om dit te versnel.

Meer oor:  Evergreen  |  Ever Given  |  Suez-Kanaal  |  Verskeping  |  Vragskepe  |  Infrastruktuur  |  Skepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.