Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
LEES SELF: Só kan SA nog ’n Knysna-ramp voorkom

Santam bestee sowat R10 miljoen per jaar om munisipaliteite te help om hul risiko’s vir rampe soos die vernietigende brande by Knysna in 2017 te verlaag.

Miljarde rande se skade is gely in die Knysna-brand. Foto: Deon Raath

John Mellville, Santam se risikohoof, het by die bekendstelling van ’n nuwe navorsingsverslag in opdrag van Santam oor die Knysna-brande gesê hulle help tans 43 munisipaliteite met advies oor hoe om hul risiko’s te bestuur.

Santam help om laekoste-brandbestrydingstoerusting aan te koop vir munisipaliteite wat met hul finansies sukkel, of met innoverende nuwe tegnologie vir vroeë brandopsporing.

Die verslag beveel aan die versekeringsbedryf moet munisipale brandweerdienste help om hul vermoë te verbeter om bos- en veldbrande te verhoed en te bestry.

Die verslag het bevind die Garden Route-distriksmunisipaliteit, waarbinne Knysna val, het beperkte vermoë gehad om brande te bestry, met net ses bakkies, twee bosbrand-waens, twee tenkwaens, een reddingseenheid en twee hazmat-eenhede om ’n gebied van meer as 23 000 km² te dek.

In Knysna is daar 0,37 brandbestryder per 1 000 inwoners, teenoor 1 brandbestryder per 1 000 inwoners in ’n land soos Amerika. In George, wat verlede jaar ook onder ’n reusebrand deurgeloop het, is daar net 0,15 brandbestryder per 1 000 mense.

Lees ook: ‘Net kwessie van tyd’ of nóg ’n Knysna-ramp tref SA

Nog ’n aanbeveling in die verslag is dat versekeraars bekostigbaarder versekeringsprodukte ontwikkel vir die sogenaamde vermiste middel – dit is huishoudings wat nie arm genoeg is om deur die staat se welsynsdienste gedra te word nie, maar nie ryk genoeg is om versekering te bekostig nie. Mellville sê Santam is in die vroeë stadium van ontwikkeling van sulke maklik bekostigbare produkte.

Santam help in sekere gebiede soos Harkerville tussen Knysna en Plettenbergbaai om vlambare plantegroei om huise te verwyder sodat die gemeenskap “meer versekerbaar” is.

John Lomberg, bestuurder van belanghebberverhoudinge by Santam, sê sommige gemeenskappe mobiliseer deesdae hulself om hul gebied teen brande te beskerm. Komitees in die Wallacedene-plakkerskamp naby Kraaifontein is gestig wat spanne mobiliseer om te help wanneer brande uitbreek.

Santam het vroeë-waarskuwingstelsels in Wallacedene en ander plakkerskampe geïnstalleer wat kan help dat plakkerskamp-brande gouer geblus word.

Lees die volledige verslag hier onder.

Meer oor:  Santam  |  Knysna  |  Versekering  |  Knysna-Brande  |  Huisversekering  |  Brande  |  Korttermynversekering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.