Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Lekker loop JSE nou: 4 rekords in 5 dae!
Die JSE het ’n goeie week agter die rug. Grafika: Pixabay

Die JSE het Vrydag sy rekordlopie voortgesit en nogmaals ’n nuwe rekordvlak behaal. Al die subindekse behalwe goud wassterker.

Die indeks van alle aandele het die dag 0,47% hoër op 55 849,63 punte afgesluit. Dit is 1,76% hoër as ’n week gelede.

Onder die wenners was die klein mynmaatskappy Kibo Mining plc, wat met 17% gestyg het. Kibo is op die JSE se AltX-beurs genoteer, asook op die alternatiewe beurs op die Londense aandelebeurs. Hy is betrokke by steenkool- en ander mynboubedrywighede in Tanzanië.

Nog uitskieters was Merafe, wat met 5% geklim het, en Onelogix, wat met 4% geklim het. Mediclinic was 2,5% beter nadat hy die week aangekondig het hy koop ’n belang in Intercare-daghospitale.

Onder die verloorders was Torre, wat met 7% geval het. Sovereign Foods, PPC en Anglogold was al drie byna 6% laer. Onder die keuraandele het British American Tobacco met 1% gestyg, Steinhoff was 2,4% hoër en Barclays Africa het met 1,7% gestyg.

Europese beurse was gister almal hoër, met die CAC40 in Parys wat met 1,3% gestyg het.

Die Eurostoxx50 indeks van die grootste 50 Europese aandele het met 1% geklim. Teen druktyd was die Dow Jones en S&P500 in Amerika ook positief. Asiatiese beurse was wel gister wisselvallig.

Brian McMillan, hoof van kleinhandelverkope by Investec se afdeling vir gestruktureerde produkte, meen daar is tans goeie geleenthede in Europese aandele.

Terwyl die JSE oor die eerste helfte van die jaar met net 3,37% gestyg het, was die MSCI Wêreldindeks in dieselfde tyd 10,6%
hoër.
McMillan dink van die groot aandelemarkte ter wêreld lyk dus ook nou oorwaardeer.

Maar Europa bied dalk geleenthede omdat sy ekonomie begin herstel ná die insinking oor die afgelope paar jaar in reaksie op Griekeland se geldkrisis asook onsekerheid oor die toekoms van die Europese Unie.

McMillan meen maatskappye in Europa is op ’n vroeër stadium van die ekonomiese siklus as dié in Amerika, met groter potensiaal vir verdienstegroei.

McMillan sê Investec bied ’n gestruktureerde produk wat beleggers oor ’n tydperk van 4 jaar blootstelling aan die Eurostoxx50 gee.

Die produk beskerm hulle egter teen verliese as die indeks sou daal. Ander maniere om Europese blootstelling te kry, is deur HSBC of iShares se beursverhandelde fondse in euro te koop, of Deutsche Bank se db X-tracker-fonds wat op die JSE genoteer is.

Meer oor:  Markte  |  Jse  |  Markbulletin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.