Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kabinet het nie Tom se toekoms bespreek
Nomvula Mokonyane, minister van kommunikasieFoto: Lindile Mbontsi

Die kabinet het nie die afdanking van Tom Moyane, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, in sy vergadering Woensdag bespreek nie, het Nomvula Mokonyane, minister van kommunikasie, gesê.

Dit kom na berigte dat die kabinet blykbaar Woensdag Moyane se afdanking en sy vervanging deur ’n tussentydse kommissaris sou bespreek.

Maar volgens Mokonyane het dit nie ter sprake gekom nie, en is ook nie deur die waarnemende minister van finansies opgehaal nie.

Nhlanhla Nene, minister van finansies, is tans in die buiteland, het Mokonyane gesê.

Oor ’n vraag of Jeff Radebe, minister van energie, die reeds kabinet-goedgekeurde geïntegreerde hulpbronplan (IRP) weer na die kabinet teruggestuur het vir beraadslaging en hersiening, het Mokonyane gesê dit is nie bespreek nie en as Radebe dit wel gedoen het, sal dit eers by die volgende kabinetsvergadering bespreek word.

Die IRP is die regering se bloudruk vir elektrisiteitsvoorsiening tot 2050.

Daar word vermoed die bestaande kabinet-goedgekeurde IRP, wat nog nie weer aan die publiek uitgereik is nie, sluit steeds kernkrag in as deel van die energiemengsel, hoewel tegniese studies wys kernkrag is tans te duur en boonop onnodig weens die oorskot kragopwekkingsvermoë en die verwagte kragvraag op grond van Suid-Afrika se ekonomiese groei.

Oor die kwessie rondom VBS Bank het Mokonyane gesê die kabinet is daartoe verbind om die banksektor te transformeer.

Daar word met die nasionale tesourie, die departement van handel en nywerheid, die Openbare Beleggingskorporasie en die Reserwebank geskakel om die situasie rondom die sakeredding waarin VBS Bank geplaas is, ten beste uit te sorteer.

Dié instelling het in 2016 in die nuus beland toe ’n huislening van R7,8 miljoen aan oudpres. Jacob Zuma toegestaan is om vir van die verbeteringe aan sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal te betaal.

Meer oor:  Said  |  Vbs Mutual Bank  |  Jacob Zuma  |  Tom Moyane  |  Nomvula Mokonyane  |  Jeff Radebe  |  Afdanking  |  Nkandla
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.