Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Los ons uit, sê Reserwebank
'n Kunstenaarsvoorstelling uit die argiewe van die Universiteit van Pretoria voor die Reserwebank destyds gebou is.

Dit sal “risikovlakke en onsekerheid vir die land verhoog sowel wat finansiële as ekonomiese beleid betref”.

“Dié verhoogde blootstelling aan risiko is ongeregverdig gegewe die land se brose ekonomiese situasie.”

Só het die Reserwebank Donderdagmiddag in ’n verklaring gekap na die ANC se besluit om die nasionalisering van die Reserwebank as amptelike beleid te aanvaar. Dis Woensdag op die party se nasionale konferensie gedoen.

Die Reserwebank beklemtoon in sy verklaring dat hy in die openbare belang optree en dat private aandeelhouers “geen invloed hoegenaamd” het op monetêre beleid, finansiële stabiliteit of die regulering van banke – die drie hooffunksies van die sentrale bank – nie.

“Beleidmaking en -uitvoering is die prerogatief van die president en adjunkpresidente van die Reserwebank, wat deur die president (van die land) aangestel word. Die regte van private aandeelhouers is baie beperk.”

Die Reserwebank sê ook die finansiële impak van die dividend wat jaarliks aan aandeelhouers uitbetaal word, is gering – dis slegs R200 000 (10c per aandeel en daar is 2 miljoen aandele).

Die Reserwebank sê nasionalisering kan duur wees omdat die aandele, wat tans in die omgewing van R3 elk verhandel, baie goedkoper is as waarvoor aandeelhouers bereid sal wees om te verkoop.

Die implikasie is dus dat dit baie meer as net R6 miljoen sal kos om private aandeelhouers uit te koop.

“Die ‘uitkoop’ van bestaande aandeelhouers sal daarom daartoe lei dat groot bedrae geld uitbetaal word om kosmetiese veranderinge te bewerkstellig wat geen verband hou met die manier waarop die Reserwebank sy mandaat uitvoer of sy beleidsverantwoordelikhede nakom nie.”

Prof. Jannie Rossouw, hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir ekonomiese en bestuurswetenskappe, het Woensdag gesê die privatisering van die Reserwebank kan deursigtigheid ondermyn, maar ’n baie belangriker punt is dat dit geen impak het op die bank se mandaat nie. Dié is in die Grondwet omskryf en kan slegs met ’n tweederdemeerderheid in die parlement verander word.

Meer oor:  Jannie Rossouw  |  Nasionalisering  |  Anc-Konferensie  |  Reserwebank  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.