Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Made in China’ glo dikwels beter as ware Jakob
Jack Ma, voorsitter van Alibaba. Foto: Daniel J. Groshong, Bloomberg

“Made in China”-namaaksels is vandag soms beter as die werklike ding, sê Jack Ma, stigter en hoof van die Alibaba Group.

Dié stelling sal dit egter moeilik maak om die handel in nagemaakte goedere op China se grootste aanlyn inkopiediens uit te roei.

Internasionale handelsname maak al jare staat op China en ander lande waar die koste van vervaardiging laag is om hul marges op te stoot.

Daardie selfde vervaardigers het egter oor die jare slimmer geword en gebruik die internet – insluitende Alibaba se platforms – om hul eie produkte regstreeks aan verbruikers te verkoop, het Ma Dinsdag aan die maatskappy se beleggers gesê.

Alibaba is steeds die beste ter wêreld om die verkoop van namaaksels te beveg, sê hy.

“Die probleem met die vervalste produkte vandag is dat dit van beter gehalte en teen beter pryse as die ware produkte, die regte name is,” sê Ma. “Dit is nie die vervalste produkte wat hulle vernietig nie, dit is die nuwe sakemodelle.”

Alibaba word met valkoë dopgehou deur beleggers en internasionale handelsname oor sy reputasie as ’n toevlugsoord vir namaaksels en Ma se opmerkings word nie goed ontvang by sommige partye wat die probleem probeer takel nie.

Die probleem met die vervalste produkte vandag is dat dit van beter gehalte en teen beter pryse as die ware produkte, die regte name is.
Jack Ma, stigter en hoof van die Alibaba Group

“Dit is onvanpas vir ’n persoon van Jack Ma se status om so iets kwyt te raak,” sê Cao Lei, hoof van China se navorsingsentrum oor e-handel.

“Vir sommige individuele gevalle mag dit dalk waar wees, maar dit is verkeerd om die fenomeen te veralgemeen.”

Alibaba se samewerking met Chinese owerhede het in 2015 gelei tot die inhegtenisneming van 300 mense en die beslaglegging van goedere ter waarde van sowat $125 miljoen.

Die transaksies wat op Alibaba voltrek word, is meer as dié op Amazon en eBay gesamentlik en Alibaba verwag om vanjaar 423 miljoen aanlyn inkopiegangers wêreldwyd te lok, meestal deur sy Tmall.com- en Taobao Marketplace-webwerwe.

Sy doelwit is om 2 miljard klante teen 2036 te hê.

“Alibaba het ’n merkwaardige hoeveelheid data tot sy beskikking en ek glo daar is baie snellers wat hulle kan help om namaaksels beter te identifiseer as wat tans die geval is,” sê Mark Tamer, besturende direkteur van China Skinny, ’n navorsingsfirma in Sjanghai. Dit sluit prysvariasies en verkoopspatrone in, sê Tamer.

– Bloomberg

Meer oor:  Alibaba  |  Jack Ma  |  China  |  E-Handel  |  Ikt  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.