Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Maluleke as nuwe OG aanbeveel

Die Nasionale Vergadering het Dinsdag amptelik vir Tsakani Maluleke, adjunk-ouditeur-generaal, by pres. Cyril Ramaphosa aanbeveel as nuwe ouditeur-generaal (OG) vir Suid-Afrika.

Tsakani Maluleke, adjunk-ouditeur-generaal.

As Ramaphosa die aanbeveling goedkeur, sal sy Kimi Makwetu in Desember opvolg aangesien sy kontrak einde November ten einde loop.

Maluleke het sewe jaar as adjunk-OG agter die rug.

Die Nasionale Vergadering se eenparige besluit volg op die verslag van die ad hoc-komitee oor die aanstelling van die OG wat die afgelope maande 71 aansoeke verwerk het en onderhoude met agt aansoekers gevoer het.

Maluleke is ’n geoktrooieerde rekenmeester en het meer as 20 jaar ervaring in die ouditbedryf in die private en openbare sektor. Sy was in die direksies en ouditkomitees van maatskappye soos Aberdare Cables, Onelogix, die Openbare Beleggingskorporasie, die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure en die Fais-ombud en het in die advieskomitee vir die JSE se Alt X-beurs gedien.

Meer oor:  Tsakani Maluleke  |  Ouditeur-Generaal  |  Ouditbedryf  |  Ouditeurs  |  Og
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.