Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Malusi reik R33 miljard 'suksesvol' oorsee uit
Malusi Gigaba, minister van finansies, sedert April nadat Pravin Gordhan uit sy pos verwyder is. Foto: Daily Sun

Suid-Afrika het R33 miljard ($2,5 miljard) se nuwe staatseffekte in die internasionale kapitaalmarkte uitgereik, luidens die nasionale tesourie, wat dit in ’n verklaring as ’n “suksesvolle uitreiking” beskryf.

Dit is die eerste oorsese staatseffekte wat uitgereik is sedert Suid-Afrika se skuld wat in die buiteland uitgereik word deur twee internasionale kredietgraderingsagentskappe tot rommelstatus afgradeer is.

Dit het gevolg op pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling in April waarin hy Pravin Gordhan, die voormalige minister van finansies, met Malusi Gigaba vervang het.

Dit is dus die eerste uitreiking onder Gigaba se toesig.

Die staatseffekte verval onderskeidelik in 2027 en 2047.

Tienjaar-staatseffek:

  • ’n Staatseffek van $1 miljard is oor ’n looptyd van tien jaar uitgereik.
  • Die staatseffek is geprys teen ’n koeponkoers (rentekoers) van 4,85%.
  • Dit is 260,5 basispunte bo die Amerikaanse staatseffek met die dieselfde looptyd wat as ’n maatstaf gebruik word.
  • Dit is ’n hoër rentekoers maar ’n kleiner verskil bo die maatstaf as die vorige uitreiking wat verlede jaar plaasgevind het. Vergeleke met ’n tienjaar-staatseffek wat in April verlede jaar uitgereik is, is dit ’n baie kleiner verskil bo die Amerikaanse maatstaf.

Dertigjaar-staatseffek:

  • ’n Staatseffek van $1,5 miljard is oor 30 jaar uitgereik.
  • Die staatseffek het ’n koeponkoers van 5,65%.
  • Dit is 283,7 basispunte bo die Amerikaanse staatseffek met dieselfde looptyd.
  • Dié staatseffek se rentekoers is hoër en die verskil van die maatstaf is groter as die een wat verlede jaar uitgereik is.
Vorige uitreikings

  • Die vorige note wat oorsee uitgereik is, was in September 2016.
  • Dit was $3 miljard in note wat onderskeidelik 12 jaar en 30 jaar se looptyd het.
  • Die 12-jaar-staatseffek het ’n koeponkoers van 4,3% gehad (wat 273,8 basispunte bo die Amerikaans tienjaar-staatseffek was).
  • Die 30-jaar-staatseffek het ’n koeponkoers van 5% gehad (wat 271,9 basispunte bo die Amerikaanse 30-jaar-staatseffek geprys is).
  • Die transaksies is toe ook meer as twee en ’n halwe keer oorvolskryf.
  • $1,25 miljard se tienjaar-staatseffek is April 2016 uitgereik. Dit is teen ’n koeponkoers van 4,87% uitgereik (wat 335 basispunte bo die Amerikaanse staatseffek met dieselfde looptyd is).
  • Die transaksie is ook meer as twee keer oorvolskryf.

Suksesvol

“Die Suid-Afrikaanse regering sien die sukses van die transaksie as ’n aanduiding van beleggers se vertroue in die land se gesonde makro-ekonomiese beleidsraamwerk en fiskale bestuur,” sê die tesourie.

Twee keer meer aanbiedings is van beleggers gekry om van dié note op te neem as wat beskikbaar was. Dit is min of meer dieselfde belangstelling wat in die vorige twee uitreikings oorsee gekry is.

Die belangstelling in die staatseffekte het uit alle oorde gekom: van Asië, Europa, Brittanje en Amerika.

Betrokkenes

’n Konsortium van Citigroup, HSBC Bank, Deutsche Bank en Nedbank is aangestel saam met Absa Bank om die uitreiking te reël.

In die verklaring is aangedui die aanstelling het elkeen van die banke se swartbemagtigingsvennote ingesluit, naamlik Crede Capital, Nations Capital, Rho Capital en Quartile Capital.

Einde September verlede jaar was Barclays, HSBC, JP Morgan en Nedbank betrokke. Hul vennote het ingesluit Quartile Capital, Nations Capital, Dew Partners en Rho Capital.

Meer oor:  Nedbank  |  Nasionale Tesourie  |  Barclays  |  Citigroup  |  Gordhan  |  Zuma  |  Rommelstatus  |  Kredietgradering  |  Staatseffekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.