Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Mark Kingon bly nog 3 maande aan by SAID

Mark Kingon se kontrak as waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is vir nóg drie maande tot 11 Junie verleng.

Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die Suid-Afrirkaanse Inkomstediens. Foto: Deon Raath

Dis die vierde keer wat die kontrak verleng word.

Kingon neem sedert 19 Maart 2018 as kommissaris waar nadat pres. Cyril Ramaphosa die omstrede Tom Moyane afgedank het.

Volgens ’n verklaring van die tesourie kan Kingon se kontrak wel opgeskort word indien die president ’n permanente kommissaris aanstel.

Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, lei op die oomblik ’n paneel wat onderhoude met die kortlys kandidate vir die pos voer.

Die paneel is aangewys op grond van aanbevelings oor hoe die kommissaris aangestel moet word deur oudregter Robert Nugent. Nugent het verlede jaar die kommissie van ondersoek na die SAID gelei.

Dié ondersoek het verskeie magsvergrepe deur Moyane uitgewys.

Moyane is deur oudpres. Jacob Zuma aangestel.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Kingon bedank vir sy bereidwilligheid om in die pos aan te bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.