Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
SA aandele 2% laer ná virus verder versprei

Die JSE het Woensdagoggend binne ’n halfuur reeds amper 2% gedaal nadat Amerikaanse gesondheidsamptenare die inwoners van dié land gewaarsku het om hul op ’n uitbreking daar voor te berei.

’n Werker spuit ontsmettingsmiddel as voorkoming by ’n busstasie in Suid-Korea. Die getal mense wat besmet is met die virus het Woensdag weer toegeneem. Foto: AP

Die indeks wat alle aandele op die JSE insluit het meer as 1 068 punte verloor of 1,9%.

Die indeks staan nou op 53 740.

Die indeks het Maandag sy skerpste val sedert Desember 2008 midde die internasionale finansiële krisis getoon.

Die indeks wat die top 40-aandele op die JSE insluit het 985 punte of 2% verloor.

Beleggers hou ook asem op om te hoor wat Tito Mboweni in sy begrotingsrede gaan sê en veral hoe dit verbruikers se sakke gaan raak. Banke se beleggers wag op nuus oor die maatstawwe wat hy gaan aankondig om staatskuld in toom te hou en Moody’s te oortuig om nie die land se kredietgradering na rommel te verlaag nie.

*Die berig sal deur die loop van die dag bygewerk word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Jse  |  Beurs  |  Aandeelmark  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.