Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Markte: Alle oë op Jackson Hole

Markte oral wag Vrydag op die toespraak van Jerome Powell, voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, op die jaarlikse Jackson Hole-simposium in Wyoming.

Fed
Jerome Powell, voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad.

Die markte sal elke woord uit sy mond fynkam vir seine of verlede maand se rentekoersverlaging in Amerika eenmalig was of die eerste van ’n reeks potensiële koersverlagings, sê André Botha, senior handelaar by TreasuryOne.

Hy verwag die rand sal Vrydag sywaarts verhandel tot en met die aand se toespraak in Jackson Hole. Afhangend van die toon van Powell se toespraak, kan daar wilde skuiwe in die mark wees.

Amerikaanse beurse was oornag wisselend, terwyl beurse in Asië Vrydagoggend almal sterker is. Die JSE het Donderdag 0,82% laer gesluit, met slegs die goudsektor wat groei gewys het.

Die rand het Vrydag versterk van R15,24 tot R15,19 teenoor die dollar. Teenoor die Britse pond was die rand sterker op R18,54 van die vorige aand se sluiting van R18,68, en teenoor die euro was die rand op R16,82 teenoor die vorige sluiting van R16,89.

Die JSE se indeks van alle aandele was Vrydagoggend effe sterker op 54 324 indekspunte.

JACKSON HOLE

Die simposium in Jackson Hole is ’n jaarlikse geleentheid wat die Federale Reserwebank van Kansas City aanbied.

Dit het ’n belangrike barometer geword oor waarheen Amerikaanse sentrale bankiers met hul monetêre beleid mik.

Dus hou sentrale banke wêreldwyd dié geleentheid dop. Dit is ’n klein byeenkoms met ’n groot impak. Daar is net sowat 120 gaste, maar dit sluit sentrale bankiers, ekonome, akademici en lede van die Amerikaanse regering in.

Dit het Donderdag begin en duur tot Saterdag.

Maatskappynuus wat Vrydag die JSE kan beweeg, is Northam Platinum se jaarresultate, en Hulamin en Grindrod se halfjaarsyfers. Naspers hou sy jaarvergadering, waar aandeelhouers sal stem oor die notering van sy internasionale internetsake in Nederland. Northam was vroegoggend al byna 2% laer en Anglo American het met 1,3% gestyg. Die grootste dalings sover was by South32, wat met 5% geval het. Dit kom nadat hy aangedui het hy wil sy plaaslike steenkoolbates verkoop.

Santam se aandeelprys het met byna 4% gestyg. Santam maak volgende week sy resultate bekend.

In Europa het aandeelpryse ook Vrydagoggend gestyg.

Meer oor:  Jerome Powell  |  Jackson Hole  |  Beurse  |  Markverslag  |  Markte  |  Randdollarwisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.